Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Statebond-buiging vir vrouekrieket

Vrouekrieketspanne sal in 2022 by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, die eerste keer om medaljes in dié sportskouspel kan meeding.

Die veelsydige Protea Suné Luus vroeër vanjaar in ’n T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Sri Lanka in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat agt spanne in die T20-formaat teen mekaar sal speel. Al die wedstryde sal op Edgbaston in Birmingham beslis word.

Manu Sawhney, uitvoerende hoof van die IKR, sê in ’n verklaring dit is ’n geskiedkundige oomblik, nie net vir vrouekrieket nie, maar ook vir die krieketgemeenskap.

“Vrouekrieket gaan van krag tot krag en ons is verheug en voel geëerd dat die Statebondspele-federasie (CGF) gestem het dat vroue in T20-krieket in 2022 kan deelneem.

“Die T20-formaat is vinnig en opwindend en perfek vir die Statebondspele. Dit bied nog ’n kans om vrouekrieket op ’n internasionale verhoog bekend te stel,” sê Sawhney.

Dit sal egter nie die eerste keer wees wat krieket by die Statebondspele te sien is nie. Suid-Afrika se manspan het in 1998, toe die Spele in Kuala Lumpur, Maleisië, beslis is, die goue medalje gewen. Destyds was dit beslis in die formaat van 50 boulbeurte. Dit was egter die laaste keer wat krieket op die program was.

Suid-Afrika is volgens die IKR se jongste ranglys die sesde voorste span in die wêreld in T20-krieket.

Die Statebondspele in 2022 word van 27 Julie tot 7 Augustus beslis, met sowat 4 500 deelnemers wat sake in 18 sportkodes gaan uitspook.

– Sportredaksie

Meer oor:  Statebondspele  |  Vrouekrieket  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.