Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Vrouekrieket met 73-0 agter in Australië
Wyle Richie Benaud, ’n legendariese bybreekbouler en krieket-kommentator, staan in 2015 by ’n standbeeld van hom wat by die SCG opgerig is. Geen sulke standbeelde vir vroue bestaan in Australië nie. Foto: Getty Images

Krieket Australië (CA) het hom Maandag op Internasionale Vrouedag daartoe verbind om gender-ongelykhede in die spel uit die weg te ruim – soos die gebrek aan enige standbeelde om vrouespelers in die land te huldig.

Dié beheerliggaam sê daar is 73 standbeelde of beeldhouwerke van manskrieketspelers in Australië, maar geen van enige vrouespelers nie en dit is een van die kwessies wat dringend aandag sal geniet.

Die Sydney Cricket Ground (SCG), waar lewensgrootte standbeelde van Stan McCabe, Steve Waugh en Richie Benaud staan, sal later vanjaar ook ’n standbeeld van ’n vrouespeler oprig.

Die Melbourne Cricket Ground (MCG) het op sy beurt opdrag gegee vir ’n groot kunswerk om die eindstryd van verlede jaar se T20-Wêreldbeker-toernooi vir vroue te gedenk. Daardie wedstryd het geskiedenis gemaak deurdat 86 174 toeskouers – ’n rekord vir ’n vrouewedstryd – deur die hekke gestroom het.

CA het ’n spesiale komitee gestig wat hom ten doel sal stel om die rol van vroue in krieket te erken en een van sy take sal wees om te besluit van wie die standbeeld gaan wees wat by die SCG opgerig gaan word. – Reuters

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Krieket Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.