Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Vyftal onderskeidings vir snelbouler

Die kaptein van die Suid-Afrikaanse Skolekrieketspan was uitgeboul toe hy vyf onderskeidings in 2018 se matriekeindeksamen behaal het.

Gerald Coetzee stuur ’n aflewering af tydens die nasionale T20-skolekriekettoernooi in Pretoria in 2018. Foto: Gallo Images

Die 18-jarige Gerald Coetzee, ’n leerling aan St. Andrew’s in Bloemfontein, het onderskeidings in Afrikaans (eerste addisionele taal), geografie, lewenswetenskap, lewensoriëntering en wiskundige geletterdheid behaal.

Dié veelsydige krieketspeler sal jou vertel enige bouler droom daarvan om vyf paaltjies in ’n kolfbeurt plat te trek, so vyf onderskeidings is nie vir hom te versmaai nie.

“Ek was baie verbaas omdat ek dit nie verwag het nie. Ek wou nie daarop hoop en dan is ek teleurgesteld nie. Maar ek was baie bly toe ek die nuus vanoggend (Vrydag) gehoor het,” sê Gerald.

Hy het vir sy ander twee vakke, Engels en geskiedenis, albei in die 70 gekry en sê hy het beslis nie slapgelê weens sy krieketverpligtinge nie.

Hy het juis in 2018 ook die Suid-Afrikaanse o.19-span in die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland verteenwoordig.

“Al was ek besig, het ek in die aande geleer en ook saam met vriende geleer wat my gehelp het,” sê Gerald.

Hy gaan vanjaar BCom-bemarking by Kovsies studeer en sê hoewel sy studies vir hom belangrik is, sien hy ’n toekoms vir homself as krieketspeler.

Hy verteenwoordig juis tans die Knights op die Cubs-week in Stellenbosch.

Meer oor:  Matriek2018  |  Gerald Coetzee  |  Bloemfontein  |  Matriekeksamen2018  |  Matrieks  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.