Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Waar is Duane OIivier se naam dan?

Die naam van die blitsbouler Duanne Olivier ontbreek op die benoeminglys vir Krieket Suid-Afrika se prysuitdeling ondanks die feit dat hy ’n rare mylpaal agter sy naam gevoeg het.

Duanne Olivier. Foto: Gallo Images

Die 27-jarige Olivier was die Speler van die Reeks teen Pakistan nadat hy met 24 paaltjies (11 in die eerste toets) in die reeks van drie toetse geskiedenis gemaak het. Dis iets wat nog nooit sedert Suid-Afrika se hertoetrede tot internasionale krieket vermag is nie. Olivier is egter nie benoem vir enige prys nie. Sy Kolpak-kontrak voor die einde van die seisoen het ’n einde aan sy Protea-kontrak gemaak. Dis waarskynlik hoekom die blitsbouler, geskiedenis of nie, se naam nêrens opduik onder die benoemings wat Vrydag bekend gemaak is.

Quinton de Kock, Faf du Plessis, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada en Dale Steyn is die vyf benoemdes as Toetsspeler van die Jaar. De Kock, Du Plessis, Rabada en Imran Tahir is as Speler van die Jaar benoem. Du Plessis en Tahir kon die gesogte prys nog nooit wen nie.

Die jaarlikse prysuitdeling word volgende Saterdag in Pretoria gehou.

Die beoordelaars is Jeremy Fredericks (sameroeper), Crystal Arnold, Makhaya Ntini, Clinton du Preez, Lungani Zama en Natalie Germanos wat met statistiek deur Andrew Samson bygestaan is.

Van die benoemdes is:

Afrikabeker-speler: Nandré Burger (Gauteng Lions), Delano Potgieter (Gauteng Lions), Marco Marais (Grens).

Plaaslike nuweling van die Jaar: David Bedingham (Cape Cobras), Janneman Malan (Cape Cobras), Sinethemba Qeshile (Warriors), Lutho Sipamla (Warriors).

Plaaslike eendagspeler van die Jaar: Junior Dala (Titans), Aiden Markram (Titans), Kyle Verreynne (Cape Cobras)

Plaaslike T20-speler van die Jaar: Temba Bavuma (Lions), Theunis de Bruyn (Titans), Bjorn Fortuin (Lions), Rassie van der Dussen (Lions).

Meerdagspeler van die Jaar: Pieter Malan (Cape Cobras), Edward Moore (Warriors), Keegan Petersen (Knights), Dane Piedt (Cape Cobras), Nicky van den Bergh (Lions)

Proteas T20-speler van die Jaar: Reeza Hendricks, David Miller, Andile Phehlukwayo, Rassie van der Dussen.

Proteas se eendagspeler van die Jaar: Faf du Plessis, Imran Tahir, Andile Phehlukwayo, Kagiso Rabada, Rassie van der Dussen.

Toetsspeler van die Jaar: Quinton de Kock, Faf du Plessis, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada, Dale Steyn.

Aflewering van die Jaar: Keshav Maharaj, Andile Phehlukwayo, Vernon Philander, Kagiso Rabada.

Proteas se Speler van die Jaar: Quinton de Kock, Faf du Plessis, Imran Tahir, Kagiso Rabada.

SA vroue:

T20-speler van die Jaar: Shabnim Ismail, Marizanne Kapp, Dane van Niekerk.

Eendagspeler van die Jaar: Marizanne Kapp, Lizelle Lee, Dane van Niekerk, Laura Wolvaardt

Spelers se speler van die Jaar: Marizanne Kapp, Lizelle Lee, Dane van Niekerk.

Speler van die Jaar: Marizanne Kapp, Lizelle Lee, Dane van Niekerk.

Meer oor:  Prysuitdeling  |  Ksa  |  Duanne Olivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.