SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Krieket
Warne bied aan om beleërde KA by te staan

Shane Warne het Vrydag sy hand opgesteek om Australiese krieket uit sy benarde posisie te help.

Shane Warne glo hy kan help om te red wat te redde is in Australiese krieket. Foto: Getty Images

Die legendariese draaibouler het boonop die sport se beleërde beheerliggaam aangeraai om die land se ander top- voormalige spelers beter te benut.

Die nasionale span sukkel om van ’n krisis te herstel sedert die balpeuterskandaal in Maart en ’n hele klomp grootkoppe in Krieket Australië (KA) is hul werk kwyt in die nadraai van ’n skreiende verslag oor die kultuur van die spel in dié land.

SuperSport berig Warne sê hy is “gefrustreerd” met die stand van sake.

“In die woorde van Donald Trump, kom ons maak krieket weer groot,” sê hy.

“KA is in ’n warboel – feit. KA het beheer verloor en is sy visie kwyt van wat hy probeer bereik, om krieket as Australië se gunstelingsport te vestig.

“Dit was sy slagspreuk en dit was goed, maar hy het die pad byster geraak en gelukkig is koppe besig om te rol.”

Hy meen uitgetrede krieketspelers moet ’n groter rol speel in die bestuur van die sport en ’n beroep gedoen op ’n klomp van sy voormalige spanmaats om hul agter die spel te skaar.

“Ek het verskeie kere vir Pat Howard (wat volgende week afstand doen van sy pos as hoof van KA se hoëprestasie-eenheid) gesê ek is beskikbaar as hulle my benodig.

“Ek was nog altyd gewillig om in enige rol betrokke te raak as KA dink ek kan die span bystaan. Ek is seker al die voormalige spelers sal dieselfde doen.

Hy bevraagteken waarom uitgetrede sterre soos Michael Clarke nie aangewys word as ’n kolfkonsultant nie, of Glenn McGrath betrek word om die snelboulers te help.

“Ons dink ons gaan eenvoudig goeie krieketspelers sien deurkom, maar dit gaan nie gebeur nie totdat die regte mense betrek word en die regte omgewing geskep word,” sê Warne.

Hy meen topspelers moet meer speelkans kry in Australië se plaaslike meerdagreeks, die Sheffield Shield.

“Staak die T20-gulsigheid. Die talent in Australië is goed,” sê hy.

“Dit kom neer op hoe hulle geleer word om te speel, maar belangriker, die styl wat hulle aangeleer word.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetskrieket  |  Ka  |  Shane Warne  |  Balpeutery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.