Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warne jammer hy het ‘kinders seergemaak’
Shane Warne vroeër vanjaar saam met sy seun, Jackson, by die Tie Break Tens-toernooi in aanloop tot die Australiese Ope in Melbourne, Australië. Foto: Getty Images

Die Australiese krieketlegende Shane Warne sê hy is vervul met “skuldgevoelens” en “berou” oor die pyn wat sy kleurvolle persoonlike lewe sy gesin gekos het.

BBCSport berig Warne het sy hart op ’n Britse radioprogram teenoor die voormalige Engelse kaptein Michael Vaughan oopgemaak.

Elizabeth Hurley en Shane Warne in 2013. Foto: Getty Images

Warne se towerkunsies met ’n krieketbal is alom bekend, maar stories van sy persoonlike lewe het ook gereeld vir voorbladnuus gesorg tot die ontsteltenis van diegene naaste aan hom.

Hy erken die aard van sy en Simone (Callahan) in 2010 se egskeiding om ’n verhouding met die Britse aktrise Elizabeth Hurley na te jaag, was veral vir sy kinders pynlik.

“Ek berou die feit dat ek my kinders seergemaak het,” sê Warne in die gespreek oor sy boek No Spin.

“Ek kry skaam en voel hartseer dat ek hulle as hul pa teleurgestel het en ek was nie ’n baie goeie man vir Simone nie.

“Die hele boek is feitelik. Ek is mal oor seks, dit is die waarheid. As ek nie so mal oor seks was nie sou ek waarskynlik nie in helfte van die moeilikheid beland het nie.

“Ek geniet dit om ’n pa te wees en ek dink ek is ’n goeie pa. Die kinders is my eerste prioriteit en ek het dit aan hulle bewys. Hulle het ’n klomp wonderlike dinge in die boek gesê en ek het nie saam met hulle gesit toe hulle dit gedoen het nie.

“Hulle was gevra, “Wat dink jy van jou pa?’ en hulle was doodeerlik. Hulle hou nie terug nie. Ek moet met die skuldgevoel saamleef dat ek my kinders teleurgestel het en dit het op ’n manier gelei tot ’n wonderlike verhouding omdat ons deesdae oor so baie dinge gesels.

“Wanneer daar ’n kwessie op die tafel is, het ons ’n ding waar ons sê ‘neem die posisie in’ en ons almal sit en sê, ‘Reg, dit is my beurt om te praat’ en ons almal luister.

“Hulle kan my enigiets vra en ek moet eerlik antwoord.”

Shane Warne in aksie in die reeks om die As in 1997 in Manchester, Engeland. Foto: Getty Images

Die legendariese draaibouler is as een van Wisden se vyf krieketspelers van die 20ste eeu aangewys en is steeds op twee die voorste paaltjievraat van alle tye met 708 slagoffers in 145 toetse.

Hy het 11 jaar gelede toetskrieket vaarwel geroep en vyf jaar terug uit alle vorme van die spel getree.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Shane Warne  |  Eendagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.