Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warne vloek en beledig Aussie-Marnus
Marnus Labuschagne Foto: Getty Images

Die Australiese krieketlegendes Shane Warne en Andrew Symonds is in die sop nadat hulle die Aussie-kolwer Marnus Labuschagne in die kommentaarhokkie met vloekwoorde bespot het, duidelik onbewus dat hul gesprek op TV uitgesaai word.

“Doen nou iets oor sy ADD (aandagafleibaarheidsindroom), f****n pille,” het Symonds gesê met verwysing na Labuschagne se maniërismes terwyl hy kolf.

“Ja, f*k. Jis, dit is irriterend. ‘Nee!!’ F****n kolf net ordentlik,” het Warne gesê, met verwysing na die wyse waarop Labuschagne “Nee!” skree wanneer hy nie ’n lopie wil hardloop nie.

Symonds het daarna gesê die span moet hom “dog-pile” (hopie-lê) en sê: “Maat, as jy aanhou met daardie k*k, gaan ons jou derms by jou gat moet uitdruk.”

Die opmerkings is gemaak in die kommentaarhokkie voor ’n Big Bash-ligawedstryd. Hulle het nie geweet die kamera rol en stroom die uitsending regstreeks op Kayo Sports nie.

Lees ook: Toets tydelik gestop weens beweerde rassisme

Dié uitsaaier het om verskoning gevra nadat ’n videogreep van die voorval versprei is. “Ons stroom het vroeër begin en onaanvaarbare kommentaar opgetel. Ons vra om verskoning,” het Kayo Sports getwiet.– Sportredaksie

Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Shane Warne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.