Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warner-foto ontlok storm oor seksisme

Hulle sê die kamera kan kilogramme byvoeg, maar in die geval van die Australiese krieketspeler David Warner het dit gesorg vir bykomende lengte – en sommer ook ’n storm oor seksisme losgelaat.

Ellyse Perry en David Warner by Krieket Australië se toekenningsgeleentheid Maandagaand. Perry troon danksy haar hakskoene bo Warner uit. Foto: Getty Images

Warner het Maandagaand die Allan Border-medalje as Australië se beste krieketspeler ontvang. Ellyse Perry, op 1,69 m ’n sentimeter korter as Warner, is met haar derde Belinda Clark-medalje as die land se voorste vrouespeler vereer.

Danksy haar hakskoene troon Perry bo Warner uit op foto’s wat van die paar by die toekenningsgeleentheid geneem is. MailOnline berig The Australian se voorbladfoto het sake egter andersom gehad, met Warner opvallend langer as sy landgenoot.

Dit wil voorkom asof die publikasie se spertyd dikteer het dat die koerant twee afsonderlike rooitapytfoto’s in een grafika saamvoeg en sodoende het die skaal verlore gegaan.

Mense het hulle natuurlik op sosiale media daaroor uitgelaat, met sommige wat die grafika as “chauvinisties” beskryf het.

The Australian het die korrekte orde van dinge herstel, man troon uit bo vrou, baie goed,” sê Jess McGuire, een Twitter-gebruiker.

Daar was talle reaksies op haar twiet, insluitend die een van Chris Veraa: “Nie die eerste keer wat hy by peutery betrek word nie.”

Warner is deur sy vrou, Candice, op die rooi tapyt vergesel, terwyl Perry die geleentheid op haar eie bygewoon het.

Warner en sy vrou, Candice. Foto: Getty Images

– Sportredaksie

Meer oor:  David Warner  |  T20  |  Ellyse Perry  |  Toetskrieket  |  Candice Warner  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.