Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warner mor oor terugkeer ná besering

Die Australiese krieketspeler David Warner berou dit dat hy so vinnig ná ’n liesbesering na die speelveld teruggekeer het en meen dit was ’n terugslag in sy herstelproses.

David Warner meen hy het te vinnig na die sport teruggekeer. Foto: Getty Images

Warner (34), ’n aanvangskolwer, het in Januarie in die laaste twee toetse in die reeks van vier teen Indië teruggekeer.

Sy bydrae in sy vier kolfbeurte in daardie twee toetse was maar gering. Hy kon slegs tellings van 5, 13, 1 en 48 aanteken.

Indië het die reeks in Australië met 2-1 gewen.

Warner Woensdag aan verslaggewers gesê sy terugkeer was ’n effense terugslag, en dat hy agterna beskou dit waarskynlik nie moes gedoen het nie.

Hy sal Donderdag tot mededingende krieket terugkeer wanneer hy vir Nieu-Suid-Wallis in ’n eendagwedstryd teen Suid-Australië in Adelaide speel.

Warner, wat in al drie formate vir die Aussies diens doen, het voorheen genoem dat hy straks een van die korter formate kan los om sy toetsloopbaan te verleng.

Maar Woensdag het hy herhaal dat dit sy hartsbegeerte is om in 2023 in die Wêreldbeker-toernooi in Indië in aksie te wees.

“Ons het ’n goeie geleentheid om in Indië te speel en te wen,” het Warner, wat reeds twee keer in die Wêreldbeker in eendagkrieket in aksie was, gesê.

“Dit gaan waarskynlik vir ’n hele paar van ons in die kern van die span, wat ouderdom betref, die laaste geleentheid wees.”

Die Aussies het ’n strawwe program vanjaar, met die reeks om die As wat ná die T20-Wêreldbeker-toernooi beslis gaan word. Dit gaan dus ’n uitdaging aan die afrigters stel om die spelers se werklading te bestuur. – Reuters

Meer oor:  David Warner  |  Krieket  |  Indië  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.