Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warner sluit by IPL se ‘Klub 5 000’ aan
David Warner. Foto: Getty Images

Die Australiese aanvangskolwer David Warner het Sondag in die Sunrisers Hyderabad se wedstryd teen die Kolkata Knight Riders die eerste buitelandse kolwer geword om 5 000 lopies in die Indiese Premierliga aan te teken.

Hy het die Sunrisers, wat 18 van die laaste beurt benodig het, met 48* gehelp om gelykop teen KKR te speel en ’n uitklopboulbeurt af te dwing. Die spanne het albei 163 aangeteken waarna Warner nie op sy kolfbeurt kon voortbou nie.

Lockie Ferguson was toe KKR se held met die bal.

Hy het Warner met die eerste aflewering van die uitklopbeurt geboul en toe dieselfde met Abdul Samad gedoen.

KKR moes net drie lopies aanteken om te wen ná die Sunrisers Hyderabad 2/2 gekry het.

Die 33-jarige Warner (33) is die vierde kolwer om 5 000 lopies in die IPL te moker ná Virat Kohli (5 759), Suresh Raina (5 368) en Rohit Sharma (5 149). Warner was die vinnigste in net 135 beurte.

• Die Kings XI Punjab het intussen Sondagaand 'n riller van 'n wedstryd teen die Mumbai Indians in Dubai gewen. Die Indians, met Quinton de Kock (53) aan die spits, het eerste gekolf en 176/6 aangeteken. Die Kings XI heet met 176/6 geantwoord en 'n superboulbeurt is afgedwing.

Die Kings XI kon slegs vyf lopies in sy kolfbeurt aanteken, maar De Kock is op dramatiese wyse van die laaste bal van Mumbai se kolfbeurt uitgehardloop en die Indians kon ook net met vyf lopies antwoord.

'n Tweede superboulbeurt moes toe die wenner bepaal. Hierdie keer het Mumbai eerste gekolf en 11 lopies aangeteken. Die Kings XI het egter danksy Chris Gayle hierdie keer maklik die wenteiken bereik en het sodoende die wedstryd gewen.

– Sportredaksie

Meer oor:  David Warner  |  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.