Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Warriors steun swaar op jongeling
Daar word baie van die Warriors se jong kolwer Sinethemba Qeshile verwag. Foto: Gallo Images

Sinethemba Qeshile ken druk.

Van jongs af is die Warriors se 19-jarige kolwer uitgesonder as ’n talentvolle speler.

Hy was altyd die ster. Eers vir die Laerskool Gonubie en toe vir Hudson Park High in Oos-Londen.

As junior het hy vir die Grens uitgeblink. Hy was twee keer in die SA skolespan en was onlangs nog in die SA o.19-span.

Qeshile het sy debuut in 2017 vir die Warriors gemaak en summier ’n onoorwonne 52 lopies teen die Dolphins gemoker.

Verlede week in die Warriors se meerdagwedstryd teen die Lions het hy in die eerste beurt 58 en in die tweede beurt ’n onoorwonne 69 lopies aangeteken.

“Ja, ek is onder druk om goed te vertoon. Ek hoor gereeld hoe goed ek is en dat daar baie van my verwag word,” sê die jong ster.

“Ek probeer maar net kophou. Ek kan nie toelaat dat die druk te veel word nie.”

Omdat hy al vir so lank uitgesonder word, is hy natuurlik nou ’n teiken vir die senior spelers.

My ore het nogal getuit. Maar om eerlik te wees, sulke goed motiveer my net meer.
Sinethemba Qeshile

“My ore het nogal getuit,” sê hy oor die kragmeting met die Lions. “Maar om eerlik te wees, sulke goed motiveer my net meer.”

Qeshile sê hy voel baie “gemaklik” voor die paaltjies.

“Hopelik is my eerste honderdtal vir die Warriors net om die draai.”

Die Warriors sal natuurlik hoop Qeshile kan sy goeie peil van Vrydag op SuperSportpark in Centurion in hul meerdagwedstryd teen die Titans voortsit.

Die Oos-Kapenaars het nie verlede week ’n goeie begin teen die Lions gehad nie en sal wil vergoed vir hul nederlaag met 9 paaltjies.

Meer oor:  Port Elizaberth  |  Kolwer  |  Meerdagreeks  |  Krieket  |  Warriors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.