Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Waugh glo Archer kan bepalend wees

Die Engelse snelbouler Jofra Archer gaan ’n leidende rol in Engeland se vertonings in die oorblywende drie kriekettoetse in die Reeks om die As speel.

Só glo die voormalige Australiese kaptein Steve Waugh.

Hy voeg by dat dié Engelse blitsbouler die nodige X-faktor het om ’n deurslaggewende verskil in die reeks te maak.

Hy het beslis die X-faktor en stel jou span in staat om paaltjies op dooie kolfblaaie te neem.
Steve Waugh

Die derde toets begin Donderdag op Headingley in Leeds, met die besoekers wat met 1-0 voorloop.

Archer, wat sy buiging verlede week in die tweede toets op Lord’s gemaak het, het met sy toetrede tot toetskrieket ’n oombliklike impak in die reeks gemaak.

Engeland se nuwe snelbouler-sensasie Jofra Archer slyp op Headingley. Foto: Getty Images

Dit was juis sy kartetse Saterdagmiddag in Australië se eerste beurt wat die lopievraat Steve Smith uit die derde toets gekos het. Hy het Smith met ’n geniepsige opslagbal getref en die sterkolwer moes die veld tydelik verlaat. Hoewel Smith later in die beurt weer gekolf het, is hy Sondag deur Marnus Labuschagne vervang weens harsingskudding.

Australië het ook vir Smith aan die derde toets onttrek, omdat hy nog aan die nagevolge van harsingskudding ly.

Archer het nie net vir Smith nie, maar ál die Aussie-kolwers gepla. Hy het ook vir Labuschagne teen die kopskerm getref.

“Hy het beslis die X-faktor en stel jou span in staat om paaltjies op dooie kolfblaaie te neem. Hy kan beslis die gang van ’n wedstryd verander,” het Waugh vandeesweek gesê.

“Hy is ’n groot bate vir Engeland.”

Waugh het ook gewaarsku dat mense nie meegevoer moet raak nie.

“Hy het ’n indrukwekkende debuut gehad, maar die vraag is of hy op die lang duur in toetskrieket so kan vertoon.”

Intussen het die Aussie-afrigter, Justin Langer, gesê sy span gaan nie in ’n wipbal-oorlog met Engeland gewikkel raak ná Archer se skrikbewind in die tweede toets nie.

Volgens Langer gaan die Aussies nie nou hul taktiek verander en ook die Engelse met ’n klomp opslagballe probeer peper nie.

Ek is seker ons sal aanpas en meer van die agtervoet af teen Archer speel.
Justin Langer

“Ons gaan nie meegevoer raak in ’n emosionele tweestryd nie en kyk wie die vinnigste wipballe kan afstuur nie.

“Ons is hier om wedstryde te wen, nie om te sien wie kan die meeste kopskerms tref nie,” sê Langer.

“Ek is seker dat opslagballe steeds deel van elke bouler se arsenaal sal wees, maar ek dink nie ons gaan ons wedstrydplan verander nie.”

Langer was nie net beïndruk met Archer se vaart op Lord’s nie, maar ook hoe suinig hy was met lopies afstaan. Hy het gesê die Aussies gaan ’n plan moet bedink oor hoe om vinniger lopies teen dié boorling van Bridgetown in Barbados.

“Ons ouens is gewoond daaraan om kort balle te trotseer in ons toestande. Ek is seker ons sal aanpas en meer van die agtervoet af teen Archer speel.” – Reuters

  • Sessies (SA tyd): 12:00-14:00; 14:40-16:40; 17:00-19:00.
  • TV: SuperSport2
Meer oor:  As  |  Steve Waugh  |  Joffra Archer  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.