Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Weer krap wéér Titans se kaarte deurmekaar

Die Titans se kans om die halfeindronde van die plaaslike eendag-krieketreeks te haal, het nog ’n knou weg nadat hul Groep A-wedstryd teen die Dolphins Donderdag in Potchefstroom wéér afgelas is sonder dat ’n aflewering geboul kon word.

Farhaan Behardien is oorgehaal om sy voormalige spanmaats van die Titans te pak. Foto: Gallo Images

Dit was die tweede agtereenvolgende wedstryd van die Titans wat weens ’n nat buiteveld in die wiele gery is.

Hulle laaste groepwedstryd, Vrydag teen die Knights, sal vanweë dié gekanselleerde wedstryde in wese nou ’n kwarteindstryd wees.

Nog reën word egter vir Potchefstroom voorspel. Dit kan die Titans laat uitval in die wedloop om saam met die Dolphins as die tweede span van die groep na die halfeindronde deur te dring.

Die Dolphins (11 punte ná drie wedstryde) het reeds hul plek bespreek, terwyl die Titans (3 ná 3) en Knights (2 ná 2) steeds in ’n tweestryd is om ook die halfeind te haal.

Geoff Toyana, hulpafrigter van die Titans, sê dis kwaai frustrerend vir hulle nadat dié wedstryd ook afgelas is.

“Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie, dit (die reën) is nie iets wat binne jou beheer is nie.”

Hy sê daar was ’n paar nat kolle naby die grens, terwyl daar ook enkeles naby aan die vierkant met al die kolfblaaie op was.

Die Knights het die afgelaste wedstryd tussen hulle en die Titans Sondag in ’n mate verwelkom omdat ’n paar van hul beseerde spelers toe kans kon kry om te herstel.

Farhaan Behardien (dyspier) en Alfred Mothoa (toon) is volgens Pite van Biljon, Knights-kaptein, oorgehaal om hul voormalige spanmaats van die Titans die stryd aan te sê.

“Pat Botha (knie) kan ook weer oorweeg word.”

Die Knights en Dolphins is Saterdag in die laaste Groep A-wedstryd op Senwespark slaags.

Die Groep B-wedstryde tussen die Lions, Warriors en Cape Cobras word van 29 Februarie tot 5 Februarie gespeel.

Die halfeindronde is op 11 en 12 Februarie en eindstryd op die 14de. Slegs die eindstryd het ’n reserwedag.

Meer oor:  Geoff Toyana  |  Potchefstroom  |  Titans  |  Eendagbeker-Reeks  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.