Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kolfdiepte: Welkom terug Aiden Markram

Aiden Markram se honderdtal Maandag teen die Warriors beteken dat die Suid-Afrikaanse krieketkeurders hulle nie hoef te bekommer oor die aanvangskolwers nie wanneer hulle die toetsspan kies vir volgende maand se reeks teen Sri Lanka.

Aiden Markram speel ’n lieflike dryfhou tydens sy honderdtal Maandag teen die Warriors in Centurion. Foto: Gallo Images

Markram se franchise- en toets-aanvangsvennoot, Dean Elgar, het dié seisoen reeds ’n honderdtal en twee vyftigtalle aangeteken.

Markram se onoorwonne 149 (189 balle, 27x4;1x6) het die Titans Maandag in staat gestel om 272/6 met uitskeityd teen die Warriors op die eerste dag van die meerdagwedstryd in Centurion te bereik.

Die Titans sal egter ongelukkig wees dat nie een ander kolwer 50 lopies of meer kon aanteken om Markram te ondersteun nie.

Markram se peil sal die keurders gerus stel. Dié voormalige SA o.19-kaptein het ’n uitstekende begin gehad tot sy toetsloopbaan en het reeds drie honderdtalle en ses vyftigtalle in sy 20 toetse aangeteken.

Hy het egter die laaste tyd gesukkel en dit is nou 21 beurte sedert sy laaste honderdtal – 152 teen Australië op die Wanderers in Maart 2018.

As hy en Elgar weer ’n gedugte aanvangsvennootskap kan vorm, sal dit baie probleme van die Proteas se kolflys oplos.

TELKAART

• Vyftigtalle deur Senuran Muthusamy (79), Marques Ackerman (66) en Khaya Zondo (60*) het die Dolphins stewig in die saal geplaas teen die Cape Cobras.

Die Dolphins het die eerste dag in Durban op 277/5 in hulle eerste beurt afgesluit. Ofskoon hulle in beheer van sake is, sal die KwaZulu-Natallers effens omgekrap wees dat nog nie een van hul kolwers ’n goeie begin in ’n honderdtal kon omskep nie.

Die Kapenaars is nog segeloos dié seisoen nadat hulle verlede seisoen ook nie ’n wedstryd in die meerdagreeks kon wen nie.

TELKAART

• Die Knights het van 74/4 teruggeveg teen die Lions op die Wanderers in Johannesburg.

Die besoekers het danksy die voormalige Lions-speler Migael Pretorius (73*) tot op 291/9 gevorder toe spel weens swak lig gestaak is.

Farhaan Behardien (35) en Grant Mokoena (50) het die herstelpoging begin voordat die aanvangsbouler Pretorius sy tweede vyftigtal in soveel wedstryde gemoker het.

Sisanda Magala, wat die seisoen die Oos-Kaap vir die Goudstad verruil het, het met 5/57 die meeste skade aangerig.

TELKAART

Meer oor:  Titans  |  Meerdagreeks  |  Krieket  |  Warriors  |  Meerdagkrieket  |  Aiden Markram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.