Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Windie-ikoon Weekes (95) sterf
s
Everton Weekes het ’n toetsgemiddeld van meer as 58 gehandhaaf. Foto: Twitter/@windiescricket

Everton Weekes, legendariese krieketspeler van die Wes-Indiese Eilande, is Woensdag by sy huis in Barbados ná ’n lang stryd met sy gesondheid in die ouderdom van 95 dood.

Weekes het sy internasionale buiging in 1948 teen Engeland gemaak en 4 455 lopies teen ’n uitstekende gemiddeld van meer as 58 in 48 toetse vir die Windies behaal. Hy het 15 100-talle in sy toetsloopbaan van tien jaar gemoker en is die enigste speler om 100 of meer lopies in vyf agtereenvolgende toetse aan te teken – ’n mylpaal wat hy in 1948 behaal het.

Die beheerliggaam vir krieket in die Windies het die nuus van Weekes se afsterwe op Twitter bevestig.

Weekes was een van die “Drie W’s” saam met medelegendes Clyde Walcott en Frank Worrell wat baie tot die opgang van Windie-krieket bygedra het. 

“Almal by die MCC en Lord’s betreur die nuus van sir Everton Weekes se afsterwe,” sê die Marylebone Cricket Club (MCC), die beskermheer van die sport, op Twitter.

Die voormalige Windie-kaptein Darren Sammy tel onder die vele spelers wat hulde aan Weekes gebring het.

– Reuters 

Meer oor:  Toetskrieket  |  Windies  |  Everton Weekes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.