Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
'Pak rassisme nes knoeiery, opkikkers'

Daar is geen plek vir rassisme in krieket nie en mense wat hulle aan rassistiese gedrag skuldig maak, moet swaar gestraf word, sê Jason Holder, die kaptein van die Wes-Indiese Eilande.

Jason Holder, die kaptein van die Wes-Indiese Eilande se krieketspan. Foto: Getty Images

“Ek dink nie die straf vir rassisme moet enigsins anders wees as vir die gebruik van opkikkers of korrupsie (wedstrydknoeiery) nie,” het die 28-jarige Holder aan BBC Sport gesê.

“As ons probleme binne ons sport het, moet ons dit op gelyke voet hanteer.”

Volgens die Internasionale Krieketraad (IKR) se teenrassisme-kode kan ’n speler wat hom ’n derde keer aan rassistiese gedrag skuldig maak, lewenslank uit die sport geskors word.

Dis iets wat jy eenvoudig net nie kan goedkeur nie.
Jason Holder

Straf vir ’n eerste oortreding kan op die meeste ’n skorsing uit vier toetse of agt eendag- of T20-wedstryde beloop.

Holder glo spanne moet aan die begin van reekse ingelig word oor rassekwessies.

“Saam met die opkikker-inligtingsessies en teenkorrupsie-inligtingsessies, moet ons dalk dieselfde doen met rassisme voor ons met ’n reeks begin.

“My boodskap is dat meer onderrig gedoen moet word. Ek het nog nie eerstehands enige rassediskriminasie ervaar nie, maar ek het al ’n paar goed gehoor en gesien. Dis iets wat jy eenvoudig net nie kan goedkeur nie.”

Die voormalige kaptein van Pakistan, Sarfaraz Ahmed, is verlede jaar vir vier wedstryde geskors nadat hy ’n rasse-aanmerking teenoor die Protea-speler Andile Phehlukwayo gemaak het.

Die voormalige Windie-kapteins Darren Sammy en Chris Gayle het vroeër vandeesmaand gesê hulle het ook al rassediskriminasie ervaar en hul steun vir die #BlackLivesMatter-veldtog gegee.

Engeland sal ’n gesamentlike teenrassisme-proses saam met die Windies oorweeg tydens die reeks van drie toetse wat in Julie tussen die spanne begin.

Intussen is die Windies se hoofafrigter, Phil Simmons, in self-isolasie in sy hotelkamer by Old Trafford in Manchester nadat hy Vrydag ’n begrafnis bygewoon het.

Die Windies is sedert hul aankoms in Manchester in ’n “bio-borrel” ter voorbereiding vir die reeks teen Engeland. Simmons moet twee Covid-19-toetse slaag voordat hy hom Donderdag weer by die span kan aansluit. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Jason Holder  |  Rassisme  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.