Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Windies wen in toetskrieket se terugkeer
Die Windie-kolwer Jermaine Blackwood moker Sondag een van sy 12 grenshoue in sy 95 lopies teen Engeland. Foto: Getty Images

Die Wes-Indiese Eilande het Sondag vir ’n reuse-opskudding gesorg toe hy Engeland met 4 paaltjies geklop het in die eerste kriekettoets in Southampton.

Die besoekers het die tuisspan Sondag vir 314 in sy tweede beurt uitgeboul om hulself die taak te stel om 200 vir die oorwinning aan te teken.

Dié berg het soos berg Everest gelyk toe die Windies in die 12de beurt op 27/3 gesteier het. Die berg was eintlik hoër as wat dié telling uitgewys het aangesien die aanvangskolwer John Campbell die veld met ’n beseerde voet verlaat het. Die Windies was in effek 27/4.

Die groot held was die middelordekolwer Jermaine Blackwood wat ’n skitterende 95 (154 balle, 12x4) aangeteken het. Hy het vennootskappe van 63 om die vierde paaltjie saam met Roston Chase (37)

Die Engelse blitsbouler Jofra Archer vier Sondag die paaltjie van die Windie Roston Chase op die laaste dag van die eerste toets in Southampton. Foto: AP

en 68 om die vyfde paaltjie saam met Shane Dowrich gesmee.

Die Windies het steeds bloed gesweet teen ’n uitstekende boulvertoning deur Engeland. Die blits Jofra Archer (3/45) se vertoning was uit die boonste rakke. Op ’n ander dag kon dié boorling van Barbados met só ’n puik vertoning sewe paaltjies laat kantel het.

Die nederlaag sal egter nie die baadjiedraers in Engeland pla nie.

Hulle sal net te bly wees dat die toets sonder enige sigbare probleme verloop het. Dit was die eerste toets sedert die Covid-19-pandemie internasionale krieket tot ’n halt geroep het.

Ja, daar was nie toeskouers nie, maar dit was ’n aangrypende toets, met die uitslag wat in die laaste uur van die vyfde dag bepaal is.

Die volgende toets begin Donderdag op Old Trafford in Manchester.

Meer oor:  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Southampton  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.