Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Windies kry jawoord vir Engelse toer
Ricky Skerritt Foto: Getty Images

Die Wes-Indiese krieketbase het in beginsel die jawoord gegee om later vandeesmaand in Engeland te toer en het ook ’n aantal finansiële stappe aangekondig vanweë die Covid-19-pandemie.

Die Windies beoog om op 8, 16 en 24 Julie drie toetse agter geslote deure in die Ageas Bowl en by Old Trafford in Manchester te speel.

Krieket Wes-Indiese Eilande (CWI) het ook aangekondig dat alle salarisse en die finansiering van die streke van die begin van Julie met 50% gesny sal word.

“Krieket is die hartklop van baie individue, gemeenskappe en ekonomieë,” het CWI se president, Ricky Skerritt, gesê.

“Die pandemie tref elke Windie hard en die besluit om die salarisse van die personeel en spelers te sny, was ’n baie moeilike een.

“Ongelukkig vereis die voortgesette sakeplan van elke aandeelhouer om groot opofferings te maak, maar ek glo dat die CWI kort voor lank weer in ’n posisie sal wees om krieket te hervat wat deur duisende ondersteuners geniet sal word.”

Die beoogde toetsreeks moet nog deur die Britse regering goedgekeur word.

’n Aantal Windie-spelers het reeds begin oefen en die CWI sê hy sal saam met die onderskeie regerings in die Karibiese Eilande werk om toestemming te kry vir die veilige beweging van die spelers en beamptes voor die toer.

Die raad gaan vliegtuie huur om die span te vervoer en toetse sal uitgevoer word om die virus tot ’n minimum te beperk.

Die Engelse Krieketraad (ECB) het ingestem om die koste te dra.

Die Windies sal langer as ’n maand voor die eerste toets in Engeland vir ’n paar weke in kwarantyn wees, waar hulle ’n oefenkamp naby ’n krieketveld sal hou.

Engeland het Vrydag ’n oefengroep van 55 spelers aangewys. – TeamTalk

Meer oor:  Koronavirus  |  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.