Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Windies neem beheer in eerste toets
Die Windie-paaltjiewagter, Shane Dowrich, vier sy vyftigtal Vrydag in Southampton. Foto: Getty Images

Die krieketspan van die Wes-Indiese Eilande het Vrydag beheer van sake geneem in die eerste toets teen Engeland.

Die Windies is 40 minute voor die uitskeityd, op dag 3 van die toets in Southampton, vir 318 in hul eerste beurt uitgeboul.

Dit het aan die span ’n voorsprong van 114 lopies op Engeland se eerstebeurt-totaal van 204 gegee. Engeland het 15 sonder verlies met die uitskeityd bereik.

Dit was ’n wipplankdag vir die spanne.

Die Windies het in die eerste sessie van die dag die hef in die hand gehad, maar die spanne het in die middagsessie die louere gedeel.

Engeland het weer toe mooi teruggeveg in die laaste sesssie om die besoekers se voorsprong binne beheer te hou.

Twee vennootskappe – 59 om die tweede paaltjie tussen Kraigg Brathwaite (65) en Shai Hope (18) en 81 om die 6de paaltjie tussen Shane Dowrich (61) en Roston Chase (39) – het die Windies se groot voorsprong verseker.

Die Engelse bouler wat die meeste sukses behaal het, is die instaankaptein, Ben Stokes, met 4/49. – Altus Momberg

Meer oor:  Southampton  |  Wes-Indiese Eilande  |  Engeland  |  Covid-19  |  Toets  |  Blm  |  Krieket  |  Windies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.