Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Windies toer na Engeland gaan voort

Die Wes-Indiese krieketbase het die voorlopige jawoord gegee vir ’n toer van drie toetse teen Engeland wat op 8 Julie sal begin.

Die wedstryde sal sonder toeskouers gespeel word en die Windies, wat op 8 Junie met ’n gehuurde vlug na Engeland sal vertrek, sal met hul aankoms drie weke lank in kwarantyn wees.

Daar word verwag dat die Internasionale Krieketraad toestemming sal gee dat spelers tydens ’n wedstryd vervang mag word as hulle simptome van die koronavirus toon.

Engeland beoog om ná die toer ’n eendagreeks teen Ierland te speel en dan sal Pakistan na verwagting deur Engeland toer. – espncricinfo.com

Meer oor:  Toer  |  Koronavirus  |  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Toetskrieket  |  Windies  |  Engeland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.