Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Wit Blits’ vereer met plek in Heldesaal
Allan Donald spreek die gehoor toe nadat hy by ’n spesiale geleentheid in Londen in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem is. Foto: Getty Images

Die voormalige Suid-Afrikaanse snelbouler Allan Donald, en een van die kolwers teen wie hy van sy beste boulvertonings in toetskrieket gelewer het, die Indiese maestro Sachin Tendulkar, is Donderdag in die Internasionale Krieketraad (IKR) se Heldesaal opgeneem.

Die IKR se reëls bepaal dat ’n speler eers vyf jaar ná sy laaste internasionale wedstryd verkiesbaar is vir die Heldesaal en het nie gras onder sy voete laat groei om Tendulkar, die grootste lopievraat in die geskiedenis, in te huldig nie.

Dié klein kolfmeester, wat 15 921 lopies in toetse en 18 426 in eendagkrieket opgestapel het, het sy laaste internasionale stryd in November 2013 gespeel.

Donald, in sy speeldae bekend as Wit Blits, word as een van die beste snelboulers in Suid-Afrika se krieketgeskiedenis gereken en het sy loopbaan met 330 toetspaaltjies en 272 slagoffers in internasionale kitskrieket afgesluit. Dít kon selfs meer gewees het as dit nie vir die sportboikot teen Suid-Afrika was nie.

“Dis ’n groot skok wanneer jy ’n e-pos kry wat sê: ‘Geluk Allan Donald, jy’s ingehuldig in die IKR se Heldesaal’. Dit tref jou nogal hard, want dit het soveel prestige en nie iets wat jy ligtelik kan opneem nie,” het Donald in ’n verklaring gesê.

“Dit neem jou oombliklik terug na jou begindae as speler. Jy reflekteer oor alles van die tyd wat jy as seuntjie begin speel het en wie almal ’n invloed op jou gehad het – as mentors en afrigters.”

Donald het wyle Hansie Cronjé se pa, Ewie, as iemand uitgesonder wat hom in sy jonger dae in die Vrystaat geweldig baie gehelp het, asook sy oom Des Donald, wat hy sê baie streng met hom was.

“(Wyle) Bob Woolmer (’n gewese Protea-afrigter) was ’n mentor en het my die weg na sukses help vind,” het Donald bygevoeg.

* Cathryn Fitzpatrick, ’n gewese snelbouler in die Australiese vrouespan, is ook in die Heldesaal opgeneem. Sy het Australië tot twee Wêreldbeker-titels help voer en het 60 paaltjies in 13 toetse platgetrek. – Sportredaksie

Donald-statistieke
  • Neem 330 paaltjies in 72 toetse teen ’n gemiddeld van 22.25 per paaltjie.

  • Laat 272 paaltjies in 164 eendagstryde teen ’n gemiddeld van 21.78 kantel.
  • Eerste Suid-Afrikaner om 300 paaltjies in toetskrieket te neem en die eerste met 200 in toetskrieket.
  • Hy spog met die meeste paaltjies in Wêreldbeker-wedstryde vir Suid-Afrika (38).
  • Hy was in 1998 en 1999 vir 596 dae die voorste bouler op die IKR se toetsranglys.

Meer oor:  Allan Donald  |  Toetskrieket  |  Ikr  |  Eendagkrieket  |  Sachin Tendulkar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.