Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Wolvaardt-hulle trekpleisters

Ondersteuners van vrouekrieket kan regskuif vir die klap van kanonkolwe wanneer nasionale sterre soos Lizelle Lee en Laura Wolvaardt hul talent met die wilgerlat eersdaags in die T20-Superliga gaan ten toon stel.

Mignon du Preez lê die langsteel in tydens ’n kragmeting in die Big Bash. Foto: Getty Images

Die loting vir dié liga, wat van 14 tot 16 Desember op Nuweland beslis word, is Donderdag gehou. Lee-hulle se stryd teen veral die naatboulers Shabnim Ismail en Nadine de Klerk, kan vir vuurwerk sorg.

Ismail het in die onlangse Big Bash-T20-reeks in Australië uitgeblink, waar sy 14 paaltjies in 16 wedstryde platgetrek het. Sy het 2/12 in die eindstryd platgetrek en is met die prys as Speler van die Wedstryd vereer. Sodoende het sy opnuut die wêreld van haar deugde bewus gemaak.

De Klerk sal die Coronations aanvoer, nadat Dané van Niekerk haar weens ’n besering moes onttrek. Wolvaardt is een van De Klerk se spanmaats.

Laura Wolvaardt in aksie tydens die onlangse Big Bash-liga in Australië. Foto: Getty Images

Die 20-jarige De Klerk is iemand wat haar beste spel lewer wanneer sy onder druk is. Sy het vroeër vanjaar in die halfeindronde van die T20-Wêreldbeker-toernooi 3/19 geneem nadat sy in Marizanne Kapp, wat beseer was, se plek gespeel het.

Van Kapp gepraat, sy het ook ’n skeet onder lede en kon nie vir die loting oorweeg word nie.

Desnieteenstaande is daar steeds hordes talentvolle sterre soos Mignon du Preez en Masabata Klaas wat ook hul slag gaan toon. Spelers wat voorheen die Proteas verteenwoordig het, maar nie in die T20-WB gespeel het nie, sal Hilton Moreeng, afrigter van die nasionale span, wil wys dat hy gerus weer in hul rigting kan kyk. Dit sluit Tazmin Brits, Sinalo Jafta en Anneke Bosch in.

Spanne sal een wedstryd teen elk van die ander speel, met die een wat boaan die punteleer eindig, wat as kampioen gekroon sal word.

Coronations: Nadine de Klerk (k), Laura Wolvaardt, Ayabonga Khaka, Nonkululeku Mlaba, Verunissa Reddy, Madison Landman, Tazmin Brits, Zintle Kula, Kirsty Thompson, Kgomotso Rapoo, Jane Winster, Izelle Cilliers, Raisibe Ntozakhe.

Duchesses: Suné Luus (k), Mignon du Preez, Sinalo Jafta, Zintle Mali, Delmi Tucker, Faye Tunnicliffe, Micheala Andrews, Michaela Kirk, Nkosi Gabsile, Robyn Searle, Gandhi Jafta, Alyssa Elxlebben, Monalisa Legodi.

Starlights: Chloe Tryon (k), Lizelle Lee, Masabata Klaas, Andrie Steyn, Lara Goodall, Leah Jones, Nondumiso Shangase, Evodia Yekile, Anri Grobbelaar, Tatum le Roux, Annemarie Dercksen, Christine Tomlinson, Khushi Mistry.

Thistles: Tumi Sekhukune (k), Shabnim Ismail, Trisha Chetty, Anneke Bosch, Eliz-Mari Marx, Nonkululeko Thabethe, Jade de Fiquerido, Nobulumko Baneti, Moseline Daniels, Nadia Mbokotwana, Khayakazi Mathe, Alexandra Candler, Courtney Gouden.

Meer oor:  T20  |  Vrouekrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.