Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
WP Krieket onder administrasie
Adv. Nic Kock, president van die WP Krieketvereniging.Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie Krieketvereniging (WPKV), wat met die onlangse prysuitdeling van Krieket Suid-Afrika (KSA) nog aangewys is as die beste unie in die finansiële bestuur-kategorie, is in ’n drastiese stap deur die nasionale beheerliggaam onder administrasie geplaas.

KSA het Sondag in ’n verklaring aangekondig sy raad van die direkteure het sy reg om in te tree, uitgeoefen en dat die KSA-bestuurspan die mandaat gegee is om ’n administrateur aan te stel om vir tyd en wyl na die sake van die Kaapse unie om te sien.

Dit blyk daar was vroeër nie enige klagtes ná ’n omsigtigheids-studie wat glo onlangs in die Kaap gedoen is nie.

Die WPKV is een van die grotes in die land. Hy was algeheel tweede, net ná Noordelikes, onder die land se provinsies op ’n onderlinge puntestand op die jaarlikse prysuitdeling, wat in Augustus in Pretoria gehou is. Hy was egter eerste wat sy finansiële bestuur betref.

Die stap is volgens KSA se verklaring “gedoen ingevolge klousules 12.3 en 12.4 van KSA se Memorandum van Inlywing (MvI).

“Dit het onder KSA se aandag gekom dat die WPKV sake in ’n benarde posisie doen, wat betref sy administratiese bestuur en finansiële aangeleenthede,” lui die verklaring.

Adv. Nic Kock, wat in Maart die leisels as president oorgeneem het nadat Beresford Williams as KSA se vise-president aangewys is, wou nie Sondag enige kommentaar lewer nie. Hy het wel gesê dat hulle binnekort ’n verklaring van hul kant af sal uitreik.

Die voormalige uitvoerende hoof van WPKV, prof. André Odendaal, ook bekend as historikus, is intussen deur KSA as administrateur aangestel nadat die WP-raad geskors is.

“Prof. Odendaal sal maandelik vorderingsverslae aan KSA stuur gedurende die tydperk wat onmiddellik van krag is, sê Chris Nenzani, president van KSA.

Hy sê KSA sal sy regte uitoefen tot tyd en wyl hy van mening is dat die administrasie en finansiële sake volgens aanvaarde praktyk uitgevoer word.

Nenzani sê die WPKV moet sy vennote en belanghebbendes intussen die versekering gee dat projekte wat tans aan die gang is, soos beplan sal verloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.