Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Yorkshire soek Keshav terug ná rits paaltjies

Yorkshire hoop om sommer gou weer op Keshav Maharaj se knoppie te kan druk nadat dié Protea-draaier die laaste van sy drie graafskapwedstryde met altesaam tien paaltjies afgesluit het.

Keshav Maharaj het groot indruk in die graafskapwedstryde vir die Engelse span Yorkshire gemaak. Foto: Gallo Images

Yorkshire het die voorloper, Somerset, met Maharaj aan die spits Dinsdag met ’n beurt en 73 lopies in Leeds geklop.

Die hotklou Maharaj het met 7/52 en 3/75 uitgeblink en sal ná 20 paaltjies in drie wedstryde eers na Suid-Afrika terugkeer, onder meer vir Krieket Suid-Afrika (KSA) se prysuitdeling vroeg in Augustus.

Maharaj het boonop 72 lopies in Yorkshire se eerste beurt van 520 aangeteken. Hy het toe met die bal gehelp om Somerset vir 196 en 251 in sy twee kolfbeurte uit te boul.

Hoewel dit die laaste wedstryd van sy korttermynkontrak was, is Yorkshire volgens yorkshirepost.co.uk in gesprek met KSA om hom vir sy volgende wedstryd, op 18 Augustus teen Nottinghamshire, en dalk weer in September in te span.

Suid-Afrika vertrek in September na Indië. Dit sal Maharaj se selfvertroue sekerlik ’n hupstoot gee as hy nog ’n klomp paaltjies laat kantel voor ’n besoek aan ’n land waar draaiers tradisioneel die septer in toetskrieket swaai. – Sportredaksie

Meer oor:  Keshav Maharaj  |  Yorkshire
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.