Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Zim se eendagreeks in Oz uitgestel
Nick Hockley, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Australië. Foto: Getty Images

Australië en Zimbabwe het vanweë die Covid-19-pandemie ooreengekom om hul eendagkrieketreeks van drie wedstryde in Augustus vir eers uit te stel.

Krieket Australië (CA) sê dis te moeilik om met dié reeks voort te gaan met die pandemie wat voortwoed.

Zimbabwe se eerste wedstryd sou op 9 Augustus in die verre noorde van Australië gewees het en die laaste wedstryd sou op 15 Augustus in die kusstad Townsville in Queensland beslis word.

CA het in ’n verklaring gesê daar is wedersyds tot hierdie besluit ingestem en dat hulle daartoe verbind bly om die reeks wel in ’n latere stadium te speel.

Nick Hockley, waarnemende uitvoerende hoof van CA, sê dit was in almal se belang – die spelers, beamptes, vrywilligers en ondersteuners – en die praktiesste en sinvolste besluit.

Australië se laaste wedstryd voor die pandemie die spel tot stilstand gebring het, was op 13 Maart teen Nieu-Seeland agter geslote deure in Sydney.

Ashley Giles, Engeland se direkteur van krieket, het verlede week genoem dat die Aussies dalk in September ’n eendagreeks in Engeland kan speel. – Reuters

Meer oor:  Nick Hockley  |  Zimbabwe  |  Australie  |  Krieket  |  Eendagreeks  |  Toer  |  Afgelas  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.