Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Maak krieket ’n Olimpiese sportsoort, vra legendes
Shane Warne

Bengaluru. – Die legendariese Australiese draaibouler Shane Warne en die Indiese kolfmaestro Sachin Tendulkar het hul stem gevoeg by die groeiende koor dat krieket ’n Olimpiese sportsoort moet word.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) en die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) vergader volgende maand oor ’n moontlike bod. Die Twintig20-formaat van die spel sal waarskynlik bespreek word.

Krieket was laas in 1900 deel van die Spele-program. Brittanje het Frankryk tóé in Parys die stryd aangesê. Die IKR het tot dusver weggeskram van die idee omdat hy meen dit sal bestaande kompetisies soos die Wêreldbeker-toernooi en die T20-wêreldtoernooi verwater.

“Ek sal dit graag as ’n Olimpiese sportsoort wil sien. Wie weet, dalk in die toekoms,” het Warne aan die BBC gesê.

Tendulkar het ook gesê dit is ’n goeie idee. “Ek glo T20 is die beste formaat daarvoor,” het hy gesê.

“Dit is die mees aanvaarbare formaat vir mense wat krieket nie ken.

Sachin Tendulkar

“Die wedstryd is verby in drie uur – jy gaan na ’n stadion en ná drie uur gaan jy terug huis of werk toe,” het Tendulkar gesê.

Dié twee sterre is kapteins van twee All Stars-spanne, wat volgende maand drie T20-wedstryde in die VSA sal speel.

Hul steun vir ’n Olimpiese bod sal druk op die IKR verhoog om weer oor die voorstel te dink.

Die Marylebone Cricket Club (MCC) het in Julie ’n beroep op die sport se beheerliggaam gedoen om T20-krieket by die Spele-program ingesluit te kry .

Die MCC, wat in 1787 ontstaan het en die eienaar is van Lord’s is, was voorheen die wêreldliggaam van wêreldkrieket, en is die bewaker van die reëls van die spel.

Warne het bygevoeg hy is ook ten gunste van binnenshuise krieket vir die Spele.

“As dit ’n vertoonvenster is vir spelers se vaardighede en atletiese vermoëns, is dit wonderlik,” het hy gesê.

“Die laaste keer toe ek ’n binnenshuise wedstryd gesien het, was fantasties.

“Dit is egter maklik om T20 te reël en jy speel elke dag twee of drie wedstryde.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.