Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
1, 2, 3 en Perez is teen die planke
Felix Verdejo (links), hier besig om verlede jaar met Bryan Vasquez af te reken, het Vrydagoggend (SA-tyd) vir Will Madera in die eerste ronde uitgeslaan. Foto: Getty Images

Twee boksers het Vrydagoggend (SA tyd) indrukwekkende uitklopseges in die MGM Grand-casino in Las Vegas behaal.

’n Mens sou sweer Felix Verdejo en Jared Anderson het ’n weddenskap aangegaan oor wie hul teenstanders die vinnigste kan uitslaan.

Indien dit die geval was, dan het Anderson gewen. Dié jong Amerikaner het net een minuut en 45 sekondes nodig gehad om Hector Perez van Mexiko in ’n swaargewiggeveg te oorweldig.

Verdejo, wat van Puerto Rico af kom, het sy geveg teen Will Madera van Amerika ’n paar sekondes voor die einde van die eerste ronde met ’n uitklophou beklink.

Agit Kabayel boks Saterdagaand in Duitsland teen Evgenios Lazarides. Foto: Getty Images

Verdejo soek nou ’n kans teen die beste liggewig in die wêreld, Vasiliy Lomachenko.

Een van die beste swaargewigte in Duitsland, Agit Kabayel, boks Saterdagaand in Maagdeburg teen Evgenios Lazarides van Griekeland.

Kabayel is nog onoorwonne ná 19 gevegte en het onder andere al met Dereck Chisora, een van Brittanje se voorste swaargewigte, afgereken.

Anders as by die gevegte in Las Vegas, sal daar ’n aantal toeskouers by dié toernooi toegelaat word.

– Boxing Scene, ESPN

Meer oor:  Las Vegas  |  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.