Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
100ste Gold Cup voor leë paviljoene
Dynasty’s Blossom het verlede jaar die Gold Cup by Greyville gewen. Foto: Gold Circle

Een van die land se grootste perdewedrenne, die Gold Cup, sal vanjaar nes die Durban July-wedren voor ’n leë paviljoen plaasvind.

Vanjaar word die Gold Cup vir die 100ste keer beslis en daar is aanvanklik groot planne vir dié mylpaal beraam. Die Covid-19-pandemie het egter ’n stokkie voor dié planne gesteek.

Die wedren sal nietemin voortgaan en daar sal steeds ’n vol program aangebied word. Die Gold Cup, wat oor 3 200 m beslis word, sal op 29 Augustus agter “geslote deure” by Greyville in Durban gehardloop word.

Die wedren is verlede jaar deur die jokkie Nooresh Juglall op Dynasty’s Blossom vir die afrigter Joey Ramsden gewen. Dit was die eerste keer sedert 2000, toe Colonial Girl dit gedoen het, dat ’n merrie die wedren kon wen.

Belgarion het op 25 Julie die July-wedren voor leë paviljoene gewen. Richard Fourie was die jokkie en Justin Snaith die afrigter.

* Kyk hier na verlede jaar se Gold Cup-wedren, wat deur Dynasty’s Blossom gewen is

Meer oor:  Perdesport  |  Perdewedren  |  Perdry  |  Gold Cup
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.