Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
12 spanne sál aan liga deelneem

Daar sal vanjaar 12 spanne aan die Nasionale Liga deelneem.

Netbal Suid-Afrika (NSA) het Saterdag in ’n verklaring dié versekering gegee na aanleiding van ’n berig op Netwerk24 dat drie topspanne se groepe nog nie goedgekeur is nie.

Kgomotso Itlhabanyeng van die Flames (links) word uitgedaag deur Sikholiwe Mdletshe van die Crinums in ’n Nasionale Liga-wedstryd verlede jaar in Pretoria. Die Crinums is ’n driemalige kampioen. Foto: BackpagePix

Die groepe wat die Flames van Noordwes, die Noord-Gautengse Jaguars en die Vrystaatse Crinums aan NSA voorgelê het, moet hersien word.

Die nege ander spanne het die jawoord gekry.

NSA sê interne kommunikasie aan sy distrikte en presidente is Donderdag uitgelek en wys nie die volle prentjie nie.

Omdat die NSA “trots is op sy deursigtigheid en regverdige praktyke, wil hy die feite gee”.

Nadat ’n span proewe gehou het, lê hy sy voorlopige groep aan NSA voor vir goedkeuring. Die goedkeuringsproses behels dat gekyk word of ’n speler ’n geregistreerde lid van haar distrik is en of die span die demografie van die provinsie verteenwoordig.

Hulle moet verslae indien en duidelikheid gee oor hul keuringsproses, asook die ontwikkelingsplanne wat hulle die afgelope sewe jaar in plek gehad het.

Volgens NSA se verklaring is 14 van die Jaguars se 15 spelers van een klub uit die vyf distrikte. Die Flames het 14 spelers van een klub in een distrik uit Noordwes se vier distrikte. Die Crinums het 13 spelers van een klub uit vyf distrikte.

Dié drie spanne het verlede week elk ’n brief van NSA ontvang om hulle in te lig waarom goedkeuring nog nie aan hul spanne gegee kon word nie.

“Die drie spanne moet aan twee vereistes voldoen: Hulle moet verslae indien en duidelikheid gee oor hul keuringsproses, asook die ontwikkelingsplanne wat hulle die afgelope sewe jaar in plek gehad het.

“Die drie spanne moet hieraan voldoen,” sê ’n NSA-woordvoerder.

“Die spanne weet hoe hul samestelling moet lyk. ’n Span moet ’n ware weerspieëling van sy provinsie wees,” sê die woordvoerder.

Die Jaguars was die kampioen in 2019 en die Crinums en Flames het onderskeidelik derde en vierde geëindig.

Afhangende van die Covid-19-situasie sal die Nasionale Liga, wat in Mei moes begin, in September en Oktober of in November en Desember plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.