Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
31ste Tour-skofsege vir Cavendish
Nommer 31! Mark Cavendish ry Dinsdag triomfantlik oor die wenstreep om die vierde skof van die Tour de France te wen. Foto: AP

Effens teen die verwagting in het die Britse fietsryer Mark Cavendish Dinsdag die 31ste skofsege van sy loopbaan in die Tour de France behaal.

Cavendish (Deceuninck-Quick-Step) het die vierde skof oor 150,4 km tussen Redon en Fougères ná ’n woeste naelrit na die eindstreep gewen. Sy wentyd was 3 uur, 20 minute en 17 sekondes. Frankryk se Nacer Bouhanni (Arkéa-Samsic) was tweede, gevolg deur die Belg Jasper Philipsen (Alpecin-Fenix).

Cavendish (36), onder andere ook bekend as die “Manx Missile”, het die eerste van sy 31 skofseges in die Tour in 2008 behaal. ’n Jaar gelede en selfs nog ’n paar weke gelede, is algemeen aanvaar dat sy beste dae iets van die verlede is.

Maar Dinsdag het Cavendish gewys daar is nog baie plofkrag in daardie bene van hom.

Terwyl dit vir die Brit ’n dag van vreugde was, was dit vir die jong Belg Brent van Moer (23) ’n dag van trane.

Terwyl dit vir die Brit ’n dag van vreugde was, was dit vir die jong Belg Brent van Moer (23) ’n dag van trane. Hy was vroeg in die skof in die wegbreekgroep en het so byna daarin geslaag om die hele peloton uit te oorlê om die skof te wen.

Van Moer se hoop op glorie is egter omtrent 200 m van die eindstreep af verydel toe die peloton hom ingehaal en Cavendish kort daarna eerste oor die wenstreep gery het.

Van Moer (Lotto-Soudal) en Pierre-Luc Périchon (Cofidis) van Frankryk het vroeg in die skof van die peloton weggebreek.

Die peloton het oor die laaste paar kilometer die pas dik aangemaak om die wegbreekgroep in te haal, maar eerder as wat dit gebeur het, het Van Moer met sowat 14 km oor vir Périchon agtergelaat.

Louis Meintjes

Van Moer het figuurlik gesproke voet in die hoek gesit om te probeer wen, maar Cavendish en sy spanmaats, wat hom teen die einde in die perfekte posisie geplaas het om die skof te wen, het ander planne gehad. Van Moer het die skof in die 49ste plek voltooi.

Suid-Afrika se Louis Meintjes (Intermarché-Wanty-Gobert) was 53ste. Stefan de Bod (Astana-Premier Tech) was 94ste, terwyl Nicholas Dlamini (Qhubeka NextHash) 142ste klaargemaak het.

Die Nederlander Mathieu van der Poel (Alpecin-Fenix) is steeds die draer van die geel trui.

Die ryers het aan die begin van die skof toe die vlag laat sak is, vir omtrent ’n minuut die wedren tot stilstand gebring uit protes teen die baie ongelukke tydens die eerste drie dae, berig Reuters.

Daarna het hulle die volgende 10 km teen ’n slakkepas gery, in ’n poging om die aandag te vestig op die veiligheid van ryers.

Bekende ryers soos Primoz Roglic (Jumbo-Visma), Tadej Pogacar (UAE Team Emirates), Chris Froome (Israel Start-Up Nation), Geraint Thomas (Ineos Grenadiers) het almal al geval sedert die wedren Saterdag begin het.

In een van die voorvalle op die eerste dag het ’n toeskouer langs die pad ’n bord vasgehou wat veroorsaak het dat ’n aantal ryers geval het.

• Die vyfde skof, ’n individuele tydtoets, word Woensdag oor 27,2 km tussen Changé en Laval beslis.

Meer oor:  Mark Cavendish  |  Louis Meintjes  |  Brittanje  |  Nederland  |  Frankryk  |  Verrassing  |  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.