Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
5 boksgevegte wat die wêreld wil sien

Daar is reeds verskeie groot gevegte wat vanjaar gaan plaasvind, soos die een tussen Errol Spence en Mikey Garcia in Maart in Amerika. Maar wat van die gevegte wat ons graag wil sien, maar wat nie sommer sal realiseer nie?

Is Anthony Joshua regtig die beste swaargewigbokser in die wêreld? Foto: Getty Images

Netwerk24 se boksskrywer, Michael Green, stel vyf gevegte voor in die hoop dat daar iewers ’n wonderwerk sal plaasvind en dat dié tien vegters mekaar tog wel die stryd sal aansê.

1. Anthony Joshua teen Deontay Wilder

Waarom? Omdat Joshua vier beheerliggame se swaargewigkampioen is, terwyl Wilder ook een beheerliggaam se titel het. Dis tyd dat almal weet wie is die beste swaargewig in die wêreld.

Dit kan ’n boeiende geveg wees omdat Joshua ’n slim en sterk bokser is wat by ’n gevegsplan kan hou. Wilder is op sy beurt ’n regte woestaard, wat geweldig hard kan slaan en daar hang juis steeds ’n vraagteken oor Joshua se vermoë om ’n harde hou te verduur.

* Kyk hier hoe verwoestend Anthony Joshua kan wees: 

2. Joshua/Wilder teen Tyson Fury

Deontay Wilder en Tyson Fury se geveg verlede jaar het baie boksondersteuners gaande gehad. Foto: Gallo Images

Nie Joshua of Wilder kan hulself regtig die kampioen noem voordat hulle nie met die irriterende Fury afgereken het nie. Fury weet hoe om sy teenstanders te ontsenu en te ontwrig en dan kan hy boonop goed boks ook. Hy het ’n ongemaklike hoeveelheid selfvertroue en hy is besonder vermaaklik.

* Kyk hier hoe sing Fury vir sy vrou nadat hy Wladimir Klitschko in 2015 verslaan het: 

3. Canelo Alvarez teen Gennady Golovkin

Ja, hulle het al twee keer teen mekaar geboks. En was albei gevegte nie ongelooflik nie? Die eerste geveg het gelykop geëindig en Alvarez was net-net bo in die tweede een. ’n Derde geveg tussen die twee briljante middelgewigte is eenvoudig ’n móét!

* Hoogtepunte van hul eerste geveg: 

4. Ruann Visser teen Kevin Lerena

Ryno Liebenberg, wat hier besig is om Alfonso Tissen te verniel, kan dalk weer die tier in Tommy Oosthuizen laat ontwaak. Foto: Gallo Images

Daar is skynbaar nie ’n plaaslike swaargewig wat Visser kan toets nie.

Lerena is die land se beste junior swaargewig. Hy is ’n knap bokser en as Visser daarin kan slaag om hom te klop, sal “The Giant King” skielik meer ondersteuners kry.

5. Ryno Liebenberg teen Tommy Oosthuizen

Daar was verlede jaar op ’n kol sprake dat Tommy Oosthuizen (links) en Kevin Lerena (regs) mekaar sou pak. Sulke planne is intussen van die baan. Foto: Gallo Images

Dié twee manne het mekaar reeds in 2015 gepak met Oosthuizen wat toe met ’n verdeelde punte-beslissing geseëvier het.

Oosthuizen se loopbaan is al weer aan die wankel en Liebenberg kry nie genoeg gevegte nie.

’n Kragmeting tussen hulle sal sekerlik in die afdeling vir ligswaargewigte moet plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.