Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Anderson laat Tsonga sweet in Italië
Milos Raonic

ROME. – Suid-Afrika se Kevin Anderson kon gister in die Italiaanse Ope wéér nie verder as die tweede ronde vorder nie.

Hy het Jo-Wilfried Tsonga wel goed laat sweet.

Die Franse tennisspeler het Anderson in ’n taai en gelykop-­stryd hier met 7-6 (16/14), 7-6 (7/5) getroef.

Tsonga, wat sodoende sy 300ste beroepsoorwinning behaal het, het 11 kishoue teenoor Anderson se 9 gemoker.

Anderson is verlede week ook in die tweede ronde in die Madrid-meesterstoernooi verslaan.

Tomas Berdych van die Tsjeggiese Republiek het die Suid-Afrikaner geklop.

Tsonga pak nou die 8ste gekeurde, Milos Raonic van Kanada, wat self oor ’n kanon-afslaan beskik. – Sportredaksie

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.