Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Mosterts maak dit moeilik
Het hom! Dénielle van der Merwe, hoofdoel van die Kovsie-netbalspan, sink een van haar 10 doele (uit 12 pogings) Sondag teen die Pukke. Onder die doelpaal hou Danelle Willemse (links, Kovsie-hulpdoel) en Zandré Kruger (hoofverdediger) s

BLOEMFONTEIN. – Die netbalspan van die Universiteit van die Vrystaat het sy aanslag om sy Varsity-netbalkroon te behou, goed begin deur die Pukke Sondag hier met 47-38 te klop.

Die Kovsies moes hard werk vir die oorwinning, veral toe die Pukke in die derde kwart met ’n verwoede terugvegpoging gekom het.

Dit was die tuisspan se swakste kwart.

Die Noordwesters het ’n agterstand van 13-24 tot 28-34 gekrimp.

Die verdedigende kampioen was eensklaps onder druk, maar soos hy al telkens vantevore gewys het is hy juis in sulke omstandighede op sy heel beste.

’n Goeie begin tot die laaste kwart was dus van groot belang en dit het die wenspan gedoen deur die laaste kwart te oorheers.

Die twee Mostert-sussies, Tanya en Karla, het die lewe vir die Pukke se aanvallers bemoeilik deur ’n spul balle te onderskep. Dít het die Pukke moedeloos gehad.

Tanya Mostert (verdedigende vleuel) was soos verlede jaar in Kovsies se eerste kragmeting die Speler van die Wedstryd.

Hoewel die Mosterts baie balle vir hulle span gedraai het, kon hulle doelskieters dit nie altyd op die telbord laat geld nie.

Die Kovsies se hulpdoele, Rieze Straeuli en Danelle Willemse het kleigetrap en kon net met 59% van hulle doelpogings slaag.

Die telling het in die tweede kwart danksy ’n goeie kragspel (waarin doele dubbeld tel) deur die tuisspan van 17-11 na 23-11 verander.

Waar die Pukke deurgaans ’n spul veranderinge gemaak het, het Burta de Kock, afrigter van die wenspan, net ’n een skuif op doel gemaak toe Dénielle van der Merwe (hoofdoel) vir Straeuli vervang het en Willemse na hulpdoel geskuif het.

Kovsies speel Maandag om 18:00 teen die Vaal-universiteit van Tegnologie (VUT) en die Universiteit van Johannesburg en die Pukke pak mekaar om 16:30.

 UJ het in die voorwedstryd die VUT met 63-39 geklop.

 In Stellenbosch het die Madibaz so byna die Maties geskok, maar met 38-42 verloor.

■ Die Tukkies, verlede jaar se naaswenners, het die Ikeys met 62-18 afgeransel.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.