Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Afrika-rekord vir Erin in swembad

Suid-Afrika is ná Saterdag se aksie op die Afrika-Spele in Rabat, Marokko, steeds in die tweede plek op die medaljetabel met 50 medaljes. Egipte is steeds in die voorste plek.

Erin GallagherFoto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse swemmers het hul kompetisie afgesluit met 45 medaljes (20 goud, 13 silwer, 12 brons).

Hulle het Saterdag nog vier goues, een silwer en vier bronsmedaljes gewen.

Erin Gallagher het vir die hoogtepunt gesorg toe sy ’n Afrika- en SA rekord in die 50 m-vryslag opgestel het. Dié blits se wentyd was 24.95, met Emma Chelius wat derde geëindig het in 25.25.

Die vroue se 4x100 m-aflosspan in die individuele wisselslag het goud gewen in 4:12.42 en Egipte met 7.65 sekondes geklop. Die span was Kerryn Herbst, Kaylene Corbett, Gallagher en Chelius).

Hul manlike eweknieë van Martin Binedell, Alaric Basson, Ryan Coetzee en Douglas Erasmus) het in 3:40.24 goud gewen en ’n nuwe Spele-rekord opgestel.

Jessica Whelan het goud verower toe sy die 200 m individuele wisselsag in 2:19.44 gewen het. Christin Mundell het brons in 2:21.70 gewen.

Samantha Randle het silwer in die vroue se 800 m vryslag in 8:55.32 gewen.

Brad Tandy (50-vryslag, 22.21), Martin Binedell (100-rugslag, 56.20), Neil Fair (200- individuele wisselslag, 2:04.15) en Herbst (100-rugslag, 1:03.76) neem bronsmedaljes huis toe.

Die fietsryers Jayde Julius, Kent Main, Ryan Gibbons en Jason Oosthuizen het die tydtoets se goue medalje in ’n uur en 8 minute gewen.

Die vrouespan van Carla Oberholzer, Tiffany Keep, Zanri Rossouw en Maroesjka Matthee het ook so gemaak en hul goud in 48 minute 43 sekondes gewen.

Egipte het 3 uur 10 minute nodig gehad om Suid-Afrika se gemengde pluimbalspan in ’n groepwedstryd met 2-3 tot oorgawe te dwing.

In die kwarteindronde van die gemengde spanne het Suid-Afrika Mauritius met 3-1 geklop.

Op die tennisbaan het Chanel Simmonds in die laaste 16 maklik met 6-1, 6-0 met Rana Ahmed van Egipte afgereken.

Op die sokkerveld het die SA o.20-span in ’n groepwedstryd met 0-1 teen Kameroen verloor.

* Anaso Jobodwana en Sunette Viljoen is die kapteins van die SA atletiekspan wat van Maandag tot Vrydag in aksie sal wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Rabat  |  Marokko  |  Afrika-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.