Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alonso geopereer ná fietsongeluk

Die Spaanse renjaer Fernando Alonso moes onder die mes gaan vir ’n gebreekte kakebeen nadat hy in ’n ongeluk met sy fiets in Switserland was.

Fernando Alonso het ’n operasie ondergaan nadat hy in ’n fietsongeluk was. Foto: Getty Images

Sy Alpine-span sê die Formule 1-renjaer sal die volgende twee dae fyn dopgehou word nadat hy Donderdag in die ongeluk op die pad was.

Die 39-jarige tweemalige wêreldkampioen is van plan om vanjaar sy terugkeer te maak nadat hy vir twee jaar nie aan dié sport deelgeneem het nie.

“Ná sy fietsongeluk was Fernando Alonso onder waarneming in die hospitaal in Switserland,” sê die span luidens ’n verklaring.

“Medici het ontdek dat die boonste deel van sy kakebeen gebreek is en het gevolglik ’n korrektiewe operasie uitgevoer. Die mediese span daar is tevrede met sy vordering.

“Fernando sal vir die volgende 48 uur in die hospitaal bly vir waarneming.”

Die Italiaanse koerant Gazzetta dello Sport het Donderdag berig dat die Spanjaard, wat ook ’n ywerige fietsryer is, deur ’n voertuig getref is terwyl hy op sy fiets geoefen het naby sy huis in Lugano.

Alpine, voorheen bekend as Renault en vernoem na die Franse vervaardigers se sportmotor-handelsmerk, sê hulle verwag dat Alonso “ten volle beskikbaar sal wees om sy voorbereiding vir die seisoen aan te pak”.

Die Formule 1-kampioenskap is geskeduleer om op 28 Maart in Bahrein te begin, met voorseisoense toetslopies in die Arabiese state van die Persiese Golf wat van 12 tot 14 Maart gehou sal word.

Alonso, wat in 2005 en 2006 titels saam met Renault verower het en al 32 Grand Prix-renne gewen het, het in 2018 laas deelgeneem, toe hy vir McLaren gery het. – Reuters

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Formule 1-Ren  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.