Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alonso jaag met staalplate in kakebeen

Fernando Alonso sê hy sal vir die duur van die seisoen met twee metaalplate in sy kakebeen meeding nadat hy dit verlede maand in ’n fietsryongeluk gebreek het.

Fernando Alonso is verlede maand op sy fiets deur ’n motor omgery. Foto: Getty Images

Die wenner van twee Formule Een-wêreldtitels klim hierdie naweek vir die eerste keer sedert die voorval agter die stuur van ’n F1-renmotor in.

“Ek verwag nie enige probleme nie, eerlikwaar,” sê die Spanjaard.

“Een aspek is die professionaliteit en die bestuursvermoë – dit is 100%. Ek sal wel aan die einde van die seisoen twee staalplate uit my kakebeen moet laat verwyder.”

Die 39-jarige motorsportster maak vanjaar ná ’n afwesigheid van twee jaar sy F1-terugkeer saam met die Alpine-span. Hy sê hy was genoop om vir “nege of tien dae” te rus ná sy botsing met ’n motor in Lugano, Switserland, verlede maand, maar “oefen soos normaal” die afgelope twee weke.

Alonso, wenner van 32 Grands Prix en die wêreldkampioen in 2005 en 2006 saam met Renault, het F1 aan die einde van 2018 verlaat ná vier teleurstellende seisoene by McLaren.

Hy het die afgelope twee jaar agtereenvolgende oorwinnings in die Le Mans 24 Uur-wedren behaal, die Wêrelduithouwedren-titel saam met Toyota gewen, twee keer sonder sukses aan die Indianapolis 500 deelgeneem en ook in die Dakar-veldren meegeding.

Die F1-seisoen begin vandeesmaand in Bahrein met die eerste Grand Prix-naweek van 26 tot 28 Maart.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Fernando Alonso  |  Motorsport  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.