Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alonso kan F1 hupstoot gee – Domenicali

Formule Een sal die groot wenner wees indien die dubbele wêreldkampioen Fernando Alonso volgende jaar op 39-jarige ouderdom sy terugkeer na motorwedrenne maak, sê die Spanjaard se voormalige baas by Ferrari, Stefano Domenicali.

Fernando Alonso Foto: Getty Images

Alonso is teen die einde van 2018 weg by McLaren, maar daar word bespiegel dat hy hom in 2021 by Renault kan aansluit wanneer die Australiër Daniel Ricciardo daar klaarmaak.

“Ons het reeds fantastiese jong renjaers, maar Fernando sal dinge na ’n ander vlak neem,” sê Domenicali, wat deesdae die hoof- uitvoerende beampte van Lamborghini is.

“Hy sal vir seker baie sterk meeding. Hy sal natuurlik ’n nog groter bedreiging met ’n goeie, vinnige motor wees, maar Fernando sal ’n aanwins vir Formule Een wees indien hy sou besluit om ’n terugkeer te maak.”

Alonso het tussen 2010 en 2014 vir Ferrari gejaag en het toe drie keer die tweede plek op die puntelys ingeneem.

Daar is ook sprake dat Sebastian Vettel ’n oog het op ’n plek by Renault.

Die Duitser se toekoms is onseker ná Ferrari aangekondig het dat hy die einde van die jaar die pad gaan vat.

Carlos Sainz van Spanje gaan op sy beurt klaarmaak by McLaren en by Ferrari inval.

Domenicali het ook Lamborghini se eerste aanslag in die wêreld van e-sport aangekondig met ’n virtuele wedren-reeks, “The Real Race”, in vennootskap met Assetto Corsa Competizione.

Dié toernooi, wat Saterdag begin, sal vyf kwalifiserende naweke hê voor ’n regstreekse eindronde by die Sant’Agata Bolognese-hoofkwartier met die topdrie wat die kans sal kry om ’n regte Lamborghini-renmotor op die baan te ry.

Die speletjie sal ook deur amptelike Lamborghini-renjaers, sowel as kliënte en beroeps-“gamers”, gebruik word met streng reëls wat gevolg sal word om te verseker die wedrenne word ernstig opgeneem. – Reuters

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.