Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fernando Alonso ‘piekfyn’ ná operasie

Fernando Alonso, die Spaanse renjaer van Alpine, is fiks en op die been ná ’n operasie aan sy kaak en sal vir Formule Een se voorseisoense toetsing gereed wees.

Fernando Alonso is piekfyn ná ’n operasie aan sy kaak. Foto: Getty Images

Dié versekering oor die 39-jarige Alonso, ’n tweemalige wêreldkampioen, kom van Laurent Rossi, spanbaas van Alpine.

Alonso het sy kakebeen gebreek toe hy onlangs in ’n ongeluk met sy fiets in Switserland betrokke was. Ná ’n afwesigheid van twee jaar beoog die Spanjaard om vanjaar tot Formule Een terug te keer.

“Dit gaan baie goed met Fernando,” het Rossi op die aanlyn bekendstelling van die span se nuwe motor aan verslaggewers gesê.

“Hy was in ’n ernstige ongeluk betrokke. Fernando is egter heeltemal fiks en beweeglik. Ons is self verbaas dat hy so vinnig herstel het.

“Hy het omtrent net ná die ongeluk vir ons gesê dat hy in Bahrain (vir die voorseisoense toetsing) sal wees – iets wat sy dokters ook bevestig het.”

Formule Een se enigste voorseisoense toetsing is van 12 tot 14 Maart, en die seisoen se eerste wedren sal op 28 Maart in Bahrain beslis word.

Alpine se nuwe spandirekteur, Davide Brivio, het gesê Alonso het groot ambisies en is oorgehaal om ná twee jaar na die sport terug te keer.

“Ek kom dit agter as ek met hom gesels, ook as jy sien hoe hard hy werk om terug te keer en ook hoe groot sy begeerte daarvoor is.

“Hy is nogal veeleisend, maar dit is waarvan ek hou. Ons het die tipe jaer nodig wat gretig is om alles in te sit.” – Reuters

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Spanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.