Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alonso sal weer vir Dakar inskryf, maar ...

Ná sy eerste proesel van die Dakar-veldtydren sal die voormalige Formule Een-wêreldkampioen Fernando Alonso dit oorweeg om volgende jaar weer aan te tree, maar slegs as hy ’n wesenlike kans het om te wen.

Fernando Alonso by sy beskadigde Toyota nadat dit op ’n duin in die Dakar-veldtydren gerol het. Foto: AP

Dié Spanjaard, wat vir Toyota Gazoo Racing deelgeneem het, het sy veelsydigheid die afgelope twee weke ten toon gestel deur algeheel 13de in Saoedi-Arabië te eindig.

Sy hoogtepunt was ’n tweede plek in die agtste skof, maar hy het ook geleer hoe ongenaakbaar dié woestynren kan wees toe sy Toyota Hilux twee skofte later op ’n duin gerol het.

Op die keper beskou, meen Alonso hy het sy eie verwagtinge oortref, maar as hy wel weer gaan deelneem, sal dit wees met die verwagting om te wen.

“Ek het amper elke dag mededingend gevoel,” het Alonson by die eindpunt in Kiddija gesê.

“In die laaste skof het ek byvoorbeeld ’n pap band gehad, maar steeds vierde geëindig, so ons sou andersins ’n goeie kans gehad het om te wen.

As jy daarvan hou om in wedrenne te jaag, is ’n vakansie in ’n veldrenmotor nie ’n slegte opsie nie. Ons sal sien.
Fernando Alonso

“As ek besluit om weer in te skryf vir die Dakar, sal dit met hoë verwagtinge wees. Ek sal probeer om ’n belangrike oorwinning by die ander in my loopbaan te voeg.

“Daar’s nog tyd om te besluit. Maar as ek terugkeer, sal my voorbereiding meer presies en gedetailleerd moet wees. Ek sal ook die beste toerusting tot my beskikking moet hê.

“As jy daarvan hou om in wedrenne te jaag, is ’n vakansie in ’n veldrenmotor nie ’n slegte opsie nie. Ons sal sien.”

Alonso, wat benewens sy sukses in F1 ook al die Le Mans-uithouwedren twee keer gewen het, sal in Mei ook poog om die Indy500-wedren in Amerika by sy lys van oorwinnings te voeg.

Hy het ook bevestig dat hy dit moontlik sal oorweeg om in 2021 terug te keer na F1. – TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Dakar  |  Fernando Alonso  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.