Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fernando Alonso tob oor terugkeer na F1

Die Spanjaard Fernando Alonso het vriend en vyand verras in sy debuut in die Dakar-tydren, maar wik en weeg nou om na Formule Een-motorsport terug te keer.

Hy sien egter nie vir homself ruimte by die Ferrari-span nie.

Fernando Alonso jaag vir die Suid-Afrikaanse Toyota Gazoo-span in die Dakar. Foto: Reuters

Alonso het F1 aan die einde van 2018 gegroet ná ’n onstuimige tyd by McLaren in die tyd van sy enjin-vennootskap met Honda.

Hy het daarna gesê hy mik na motorsport se “driedubbele kroon”. Hy jaag nou in die Dakar en wil in Mei weer in die Indy 500 jaag.

As al dié uitdagings oorbrug is, wil die Spanjaard weer ’n pad oopveg na F1.

“Ek moet eers die Dakar klaarmaak, dan die Indianapolis 500 en daarna ’n besluit neem,” het hy aan die program El Partidazo de Cope gesê.

“Ek voel soos ’n F1-jaer. Dit is waarvan ek die meeste hou en waarin ek die beste is.

“Ek sal in die somer nadink oor my volgende twee of drie jaar,” het die 38-jarige renjaer gesê.

Fernando AlonsoFoto: Getty Images

“Die boonste vlak van motorsport het ook sy nadele.

“Formule 1 vereis algehele toewyding.

“Ek het reeds 18 jaar daarvan agter die rug en moet myself nou afvra of ek nóg twee of drie jaar daarvan wil hê.”

Die frustrasie om in ’n McLaren te jaag wat nie mededingend was nie, het Alonso gedwing om die reeks te verlaat.

Sou hy terugkeer, moet hy “kyk na die beskikbare spanne, of dié wat belangstel”.

Dit is moeilik om te sien hoe die veteraan ’n terugkeer sal maak sonder ’n wenmotor.

Hy het tussen 2010 en 2014 vir Ferrari deelgeneem, maar daar sal waarskynlik nié ’n opening vir hom wees nie, al eindig Sebastian Vettel se kontrak einde van die jaar.

“Ek het nie met hulle gepraat nie.

“Ek dink nie dit is die tyd om oor ’n terugkeer na die span te praat nie. Hul toekomsplanne met (Charles) Leclerc is baie duidelik.

“Ons moet eers kyk watter spanne volgende jaar mededingend gaan wees.” – Reuters

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Ferrari  |  Formule 1-Ren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.