Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Alonso voeg Daytona-titel by prestasielys

Die renjaer Fernando Alonso het Sondag nóg ’n hoofstuk in sy roemryke loopbaan geskryf toe hy die Daytona-uithouwedren oor 24 uur in Amerika gewen het.

Dié 37-jarige Spanjaard, wat verlede jaar uit Formule Een-renne getree het, was lid van die seëvierende Wayne Taylor Racing Cadillac-span. Hy het saam met Renger van der Zande, Kamui Kobayashi en Jordan Taylor papsopnat toestande te bowe gekom om as algehele wenners in Florida gekroon te word.

Fernando Alonso neem ’n selfie ná sy sege in die Daytona-uithouwedren. Foto: AP

Swaar reën het twee keer die renmotors van die Daytona-baan gedwing, aangesien die toestande te gevaarlik geword het.

Die ren is uiteindelik ná 23 uur en 50 minute finaal gestop, met Alonso wat kort voor dít sy span in die voortou gekry het toe hy die Brasiliaan Felipe Nasr (Action Express Cadillac) verbygesteek het.

“Wat ’n ongelooflik ervaring – ons het alles perfek uitgevoer,” het Alonso agterna gesê.

“Ons was in alle toestande mededingend, of dit nou droog, nat, dag of nag was, het hy gesê.”

Nasr was tweede, gevolg deur Ricky Taylor se Penske-span.

Alonso is slegs die derde F1-wêreldkampioen wat ook met ’n Daytona-sege kan spog. Die ander was die Amerikaner Phil Hill en Italiaans gebore Amerikaner Mario Andretti.

Fernando Alonso jaag in die aand-ure van die Daytona-uithouwedren in sy Cadillac. Foto: AP

Alonso het ook al die Le Mans-uithouren in Frankryk gewen.

Dié Spaanse ster het nou ’n ander mylpaal in sy visier. Hy wil naas die Brit Graham Hill die enigste renjaer word wat met motorsport se “Grand Slam” kan spog. Dit is ’n sege in die Monaco-F1-Grand Prix, ’n oorwinning by Le Mans en ’n Indianapolis 500-titel in Amerika.

Alonso sal vanjaar in Mei vir die tweede keer in sy loopbaan in die Indy 500 jaag.

Daar is vroeër vandeesmaand ook berig dat Alonso daarin belangstel om in die toekoms aan die Dakar-veldtydren deel te neem. Die Suid-Afrikaanse Toyota Gazoo Racing-span gaan hom probeer help om dié doelwit te verwesenlik. – Sportredaksie, bbc.com, autosport.com

Meer oor:  Fernando Alonso  |  Daytona  |  Formule 1-Ren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.