Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Álvarez stem glo in vir 2de geveg

Dit moet nog amptelik aangekondig word, maar dit klink of Canelo Álvarez en Gennady Golovkin op 5 Mei weer teen mekaar gaan boks.

Gennady Golovkin (links) en Canelo Álvarez (regs) was verlede jaar in ’n puik geveg betrokke. Foto: Getty Images

Volgens die nuusagentskap AFP het die promotor Eric Gomez die Los Angeles Times meegedeel dat Álvarez reeds tot die geveg ingestem het.

Golovkin sal die kontrak na verwagting “binne die volgende paar dae” teken.

Toe die twee boksers mekaar op 16 September verlede jaar in Las Vegas gepak het, het hulle gelykop geëindig.

Amir Khan (regs) het darem ’n paar houe ingekry voor Canelo Álvarez hom twee jaar gelede uitgeslaan het.Foto: Getty Images

Dit was so ’n opwindende geveg dat daar reeds sprake van ’n derde geveg is.

“Die tweede geveg gaan nóg ’n groot een wees. Dit is dus te verstane dat daar weer ’n versoek vir ’n herontmoeting sal wees, hoewel dit nie in dié ooreenkoms is nie,” het Gomez gekeer.

Golovkin is die Wêreldboksraad, Wêreldboksvereniging en Internasionale Boksfederasie se weltergewigkampioen.

*Daar is intussen sterk gerugte dat Chris van Heerden in April teen die Britse ster Amir Khan kan boks.

Khan was laas in Mei 2016 in aksie toe Álvarez hom in Las Vegas in die sesde ronde uitgeslaan het.

Van Heerden het op sy Facebook-blad gesê hy sal die kans aangryp om teen Khan te baklei.

Meer oor:  Amir Khan  |  Canelo Alvarez  |  Gennady Golovkin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.