Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Álvarez wil geskiedenis maak
Sergey Kovalev (regs) is ’n rapsie langer as Canelo Álvarez (links). Foto: Getty Images

Het die Mexikaanse superster Canelo Álvarez ’n te groot hap gevat deur twee gewigsafdelings op te skuif om hierdie naweek teen Sergey Kovalev van Rusland te boks?

Dié vraag sal Sondagoggend (SA tyd) beantwoord word wanneer die twee taai kalante mekaar in die MGM Grand-arena in Las Vegas, Amerika, pak.

Hy wil “geskiedenis” maak en hom teen die “bestes” toets, het die 29-jarige Álvarez hierdie week aan CBS Sports gesê toe hy gevra is waarom hy Kovalev die stryd aansê.

Hy wil “geskiedenis” maak en hom teen die “bestes” toets, het die 29-jarige Álvarez hierdie week aan CBS Sports gesê toe hy gevra is waarom hy Kovalev die stryd aansê.

Dis duidelik dat selfs ’n derde geveg teen sy ou aartsvyand, Gennady Golovkin, hom nie meer opgewonde maak nie.

Hy soek ’n uitdaging en Krusher, soos Kovalev ook bekendstaan, is beslis ’n groot een.

Daar is wel kenners wat meen dat die 36-jarige Kovalev se beste dae verby is.

Die houe tref die Rus deesdae gans en al te maklik en daar word gesê dat hy nie die pas sal kan volhou as Álvarez die pap dik aanmaak nie.

Maar pasop! Daar was baie kenners wat voor Kovalev se vorige geveg – teen Anthony Yarde – dieselfde gesê het.

En wat het toe gebeur? Kovalev het Yarde in die 11de ronde flenters gemoker, dís wat.

Álvarez reken in Mei met Daniel Jacobs af.Foto: Getty Images

Kovalev het vroeër vanjaar ook met punte oor 12 rondes met Eleider Álvarez, wat nie familie van Canelo is nie, afgereken.

Álvarez (Canelo) het in sy enigste geveg sover vanjaar gesweet om die onderskatte voormalige middelgewigkampioen van die Internasionale Boksfederasie, Daniel Jacobs, met punte te klop.

Kovalev se ligswaargewigtitel van die Wêreldbokorganisasie is dié naweek op die spel.

Álvarez het reeds daarop gesinspeel dat hy selfs na die afdeling vir junior swaargewigte kan opskuif as hy daarin kan slaag om Kovalev te klop.

* TV: Die toernooi word Sondag van 03:00 op SS 8 uitgesaai.

Meer oor:  Sergey Kovalev  |  Canelo Álvarez  |  Las Vegas  |  Ligswaargewig  |  Gewigsklas  |  Boks  |  Wbo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.