Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Andrade soek bloed van ander kampioene
Demetrius Andrade het Liam Williams gereeld met opstoppers geskud. Foto: Getty Images

Dis tyd vir ’n supergeveg in die middelgewig-afdeling.

Demetrius Andrade van Amerika het die afgelope naweek met ’n goeie oorwinning oor Liam Williams van Brittanje gewys hy is gereed om die kampioene van die ander beheerliggame die stryd aan te sê.

Andrade het sy 30ste agtereenvolgende oorwinning behaal deur Williams in die Seminole Hard Rock-casino in Hollywood met punte oor 12 rondes te verslaan.

Dit was die vierde keer dat Andrade sy Wêreldboksorganisasie-titel suksesvol verdedig het.

Ná die geveg het die kampioen aan Boxing News 24 gesê dat hy dit nie kan verstaan dat die ander beheerliggame se kampioene traag is om teen hom te baklei nie.

“Ek is ’n kampioen. Ek is onoorwonne. Dit hoef nie vir my nodig te wees om enigiemand te inspireer om saam met my in die kryt te klim nie. Daar is ’n gordel, ’n onoorwonne rekord en baie geld op die tafel,” het hy gesê.

So smaak ’n Walliese elmboog! Demetrius Andrade loop hom vas in Liam Williams se elmboog. Foto: Getty Images

Gennady Golovkin is die Internasionale Boksfederasie se kampioen, Jermall Charlo die Wêreldboksraad s’n en Ryota Murata die Wêreldboksvereniging s’n.

Andrade moes egter uithaal om met Williams af te reken. Hy het die wilde Wallieser in die tweede ronde met ’n links-regs-kombinasie platgeslaan.

Williams het egter opgestaan en die kampioen ’n ding of twee gewys, soos ’n elmboog in die gesig of ’n swakkerige rugbyagtige duikslag in die laaste ronde.

“Liam is ’n helse vegter. Hy is sterk en gewillig. Hy is ’n hond. Hy het gekom om te baklei,” het Andrade gesê.

Williams het op sy beurt gesê hy was verbaas hoe moeilik dit was om Andrade raak te slaan.

“Nes ek hom met een goeie hou getref het, het hy wegbeweeg. Ek kon nie met my kombinasies lostrek nie,” het hy gesê.

Meer oor:  Demetrius Andrade  |  Boks  |  Liam Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.