Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Appels swaai Sondag in Randburg

Twee Namibiese junior swaargewigboksers kan dié naweek op hul herrie kry by twee afsonderlike toernooie wat in Suid-Afrika gehou word.

Akani Phuzi en sy afrigter, Alan Toweel. Phuzi boks Sondag in Randburg teen Vikapita Meroro van Namibië. Foto: Verskaf

Vikapita Meroro boks in die Blairgowrie-saal in Randburg teen Akani Phuzi en Willbeforce Shihepo kom in die Sun Arena Times Square in Pretoria teen Thabiso Mchunu te staan.

Albei dié toernooie vind Sondag plaas.

Merero (34) en Shihepo (36) is al veterane in die beroepskryt en bevind hulle dalk in die skemerlig van hul loopbane.

Hulle kan Phuzi en Mchunu probleme verskaf, maar dit sal ’n beduidende verrassing wees as een of albei van hulle wen.

Phuzi, wat maar nege beroepsgevegte agter die rug het, het Shihepo in Julie met punte oor 12 rondes verslaan.

Mchunu is in hierdie stadium van sy loopbaan ’n gevaarliker vegter as Phuzi en behoort makliker met Shihepo af te reken.

Al probleem is dat Mchunu in Desember verlede jaar laas in aksie was, toe hy met punte teen Tommy Oosthuizen gewen het.

Thabiso Mchunu verlede jaar op pad na sy oorwinning oor Tommy Oosthuizen in Kempton Park. Foto: Gallo Images

Mchunu, wat drie jaar gelede byna nege rondes teen die gedugte Oleksandr Usyk staande gebly het, kan dus dalk bietjie verroes voorkom.

Meroro was self lank laas in die kryt. Sy vorige geveg was in November verlede jaar toe hy met punte teen Mussa Ajibu van Malawi in Windhoek gewen het.

Meroro was al voorheen in Suid-Afrika in aksie. Dit was twee jaar gelede toe Kevin Lerena hom in Kempton Park met ’n tegniese uitklophou in die vyfde ronde verslaan het.

* Die toernooi in Randburg word Sondag van 14:00 op SS 11 uitgesaai.

Meer oor:  Akani Phuzi  |  Boks  |  Willbeforce Shihepo  |  Vikapita Meroro  |  Thabiso Mchunu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.