Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Armband om ‘oortreders’ by Giro te ‘vang’
Ondersteuners by die eindstreep van die 15de skof van 2019 se Giro d'Italia in Como. Foto: Getty Images

Daar gaan van toeskouers verwag word om spesiale armbande te dra as hulle vanjaar by die eindstreep van skofte van die Giro d’Italia-fietstoer die aksie wil dophou.

Die Giro, wat saam met die Tour de France en die Vuelta a España wêreldfietsry se Grand Tours is en oor 21 skofte beslis word, sal op 3 Oktober begin.

Mauro Vegni, die wedrendirekteur, het die afgelope week in ’n televisieonderhoud gesê dat alle moontlikhede ondersoek word om toeskouers en deelnemers se gesondheid te verseker midde in die Covid-19-pandemie.

“Ons werk aan ’n protokol en moet staatmaak op mense se goeie gedrag. By die eindstreep sal ons waarskynlik armbande aan die publiek gee, wat ’n geluid maak as hulle nie hou by sosiale distansiëring nie.

“Dit sal ook registreer met wie die persone in kontak was en daar sal moeite gedoen word om te verseker mense hou ’n veilige afstand,” sê Vegni, volgens cyclingnews.com. – Sportredaksie

Meer oor:  Italië  |  Sosiale Distansiëring  |  Covid-19  |  Fietsry  |  Giro D'italia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.