Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Armstrong kritiseer Tour se organiseerders

Die gevalle Amerikaanse fietsryer Lance Armstrong het die organiseerders van die Tour de France, ASO, gekritiseer omdat hulle nie die voormalige kampioen Jan Ullrich na vanjaar se Grand Départ in Düsseldorf genooi het nie.

Lance Armstrong (links) en Jan Ullrich by die Tour de France in 2005. Ullrich is nie deur die Tour betrek om vanjaar die 20ste herdenking van sy oorwinning in dié fietstoer te herdenk nie. Foto: Getty Images

Ullrich, wat in Duitsland gebore is en die Tour in 1997 gewen het, is in 2012 skuldig bevind aan die gebruik van verbode middels.

“Julle rol die rooi tapyt uit vir mense soos [Laurent] Jalabert, [Richard] Virenque, [Bernard] Hinault (en vele ander) maar julle nooi nie vir Jan nie? Pfft,” het Armstrong op Twitter gesê. Hy het sy twiet met ’n vloekwoord voltooi.

Ullrich het in 1997 die eerste en enigste Duitser geword om die Tour te wen.

Cyclingweekly.com berig sy vriend en voormalige Telekom/T-Mobile-spanmaat Andreas Klöden sê Ullrich is nie na die Grand Départ genooi nie. Ullrich sal daarom die 20ste herdenking van sy Tour-oorwinning vier deur aan ’n welwillendheidsrit in Bocholt deel te neem.

Armstrong en Ullrich was groot teenstanders in die Tour in die laat 1990’s en vroeë 2000’s.

Ullrich is egter in die Operación Puerto-skandaal betrek. Hy het die Tour in 2006 misgeloop en is deur sy T-Mobile-span geskors. Hy het die jaar daarna uit fietsry getree.

Die internasionale hof vir sport-arbitrasie (CAS) het hom in 2012 skuldig bevind vir die gebruik van verbode middels, vir twee jaar geskors en gestroop van al sy titels wat hy tussen 1 Mei 2005 en Julie 2006 verower het.

Ullrich se Tour-oorwinning in 1997 bly in die rekordboeke.

Armstrong is van sy sewe Tour-titels gestroop wat hy tussen 1999-2005 verower het weens die gebruik van verbode middels.

– Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Jan Ullrich  |  Tour De France  |  Lance Amstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.