Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Lance terug in saal ondanks skorsing

Al is hy lewenslank uit sport geskors, gaan die voormalige Amerikaanse fietsryer Lance Armstrong aan ’n bergfietswedren in Costa Rica deelneem.

Lance Armstrong vroeër vanjaar by ’n gholftoernooi in Austin, Texas. Foto: Getty Images

Die 47-jarige Armstrong is van die sewe Tour de France-titels gestroop wat hy tussen 1999 en 2005 verower het, nadat dit bekend geword het dat hy opkikkers gebruik het.

Die driedaagse wedren waarin Armstrong van Donderdag af gaan deelneem, die Costa Rican Conquistadores Route, val buite die jurisdiksie van die Wêreldagentskap teen verbode middels in sport (Wada) en die Internasionale Fietsryunie (UCI), wat vir hom die weg baan om deel te neem.

Sport24.co.za berig dat Armstrong daarna uitsien om aan die bergfietswedren deel te neem.

“Ek sal sien hoe dit gaan. Dit is ’n baie moeilike wedren, maar ek sal gaan en probeer om myself te geniet. Die lewe is ’n avontuur,” sê Armstrong.

“Ek het gehoor dit is nie ’n maklike wedren nie en ek is nie op my beste as ’n professionele ryer nie, maar ek hoop om dit te geniet en om klaar te maak.”

Armstrong was baie jare lank nie net die gesig van padfietsry nie, maar ook wêreldsport, nadat hy eers kanker oorwin het en daarna die hoogste sport in fietsry bereik het. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Fietsry  |  Lance Armstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.