Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Armstrong se bestuurder geskors

Lance Armstrong, die Amerikaanse fietsryer wat van sy sewe Tour de France-titels gestroop is weens die gebruik van opkikkers, se voormalige bestuurder is lewenslank uit fietsry geskors.

Johan Brunyeel en Lance Armstrong in 2010 tydens die Tour de France. Foto: Getty Images

Johan Bruyneel (54), ’n Belg van geboorte, is in 2014 vir 10 jaar uit fietsry geskors vir sy aandeel in die opkikkerprogram wat Armstrong tussen 1999 en 2005 gehelp het om sewe agtereenvolgende Tour-titels te wen.

Reuters berig die Wêreldagentskap teen verbode middels in sport (Wada) het nou suksesvol teen Bruyneel se aanvanklike skorsing by die Internasionale hof vir Sportarbitrasie (CAS) geappelleer.

Die CAS het in sy uitspraak ook vir Pedro Celaya, die spandokter, lewenslank geskors en Jose “Pepe” Marti, die instrukteur, se skorsing van agt tot 15 jaar verleng.

Die drietal was almal in diens van die US Postal Service-span waarvoor Armstrong destyds gery het.

Armstrong (47) is in 2012 lewenslank geskors en van sy Tour-titels gestroop nadat hy in ’n onderhoud met Oprah Winfrey erken het hy het verbode middels gebruik.

Bruyneel het in ’n ope brief erken “dat foute gemaak is”. – Sportredaksie

Meer oor:  Skorsing  |  Opkikkers  |  Fietsry  |  Lance Armstrong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.