Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ashleigh en Daryl lei SA aanslag

Die Suid-Afrikaanse padfietskampioene in die mans- en vroue-afdelings, Daryl Impey en Ashleigh Moolman-Pasio, gaan hul staal in September by die Wêreldpadfietskampioenskap wys.

Ashleigh Moolman-Pasio / Foto: Getty Images

Die 34-jarige Impey en Moolman-Pasio (33) is deel van ’n sterk Suid-Afrikaanse span vir dié byeenkoms, wat van 22 tot 29 September in Harrogate in Engeland beslis word.

Die tydtoets vir vroue word die 24ste oor 30,1 km beslis, terwyl die mans s’n die volgende dag oor 54,1 km is. Impey, wat verlede week die Tsjeggiese toer gewen het, is reeds die afgelope sewe jaar die nasionale tydtoetskampioen.

Die padwedren vir vroue word die 28ste oor 149,7 km beslis, met die mans wat die volgende dag aantree oor ’n afstand van 280 km.?

Moolman-Pasio is vroeër vanjaar die vyfde keer as SA kampioen in die padwedren gekroon.

Een van Impey se spanmaats is Nicholas Dlamini, wat Saterdag sy buiging in die Vuelta a España, een van die drie mees prestigeryke fietstoere in die wêreld, maak.

Suid-Afrika se span: Elite-mans: Daryl Impey, Stefan de Bod, Ryan Gibbons, Nicholas Dlamini; Vroue-elite: Ashleigh Moolman-Pasio, Joanna van de Winkel, Tiffany Keep, Carla Oberholzer, Zanri Rossouw, Maroesjka Matthee. – Sportredaksie

Meer oor:  Daryl Impey  |  Ashleigh Moolman-Pasio  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.